Twee internasionale petisies teen moorde in SA

Die Withuis. Foto: Facebook

Twee petisies is op die Withuis se “We The People”-blad begin rakende plaasmoorde en geweldsmisdaad in Suid-Afrika.

Die “We The People”-blad op die Withuis se webtuiste is in 2011 deur oudpres. Barack Obama se administrasie op die been gebring. Die blad onderneem dat as ʼn petisie binne 30 dae 100 000 handtekeninge kan kry, die Withuis amptelik daarop sal reageer.

Volgens Amerikaanse nuusberigte is daar egter al geruime tyd sprake dat die blad verwyder gaan word. Daar word ook beweer dat daar geen reaksie was op enige van die petisies wat opgestel is sedert Donald Trump as president oorgeneem het nie, selfs met meer as die nodige hoeveelheid handtekeninge.

Daar is tans ʼn petisie op die blad wat eis dat Trump se volle belastingopgawes onmiddellik beskikbaar gestel word. Die petisie is op 20 Januarie begin en is al meer as ʼn miljoen keer onderteken, maar volgens berigte is daar nog geen reaksie daarop gelewer nie.

Intussen is daar twee petisies begin omtrent misdaad in Suid-Afrika. Die een petisie, Help Suid-Afrikaners om geweldsmisdaad en plaasaanvalle in hul gemeenskappe te verminder, is op 26 Oktober 2017 begin en al deur meer as 60 000 mense onderteken. Die petisie vra onder meer dat die Amerikaanse kongres aandag gee aan die kwessie en voorkomende aksie neem om Suid-Afrikaners te help om hul gemeenskappe deur buurtwagte en op ander manier te beskerm.

Die ander petisie, Stop die volksmoord in Suid-Afrika!, is op 2 November begin en is al deur amper 7 000 mense onderteken. “Boere in Suid-Afrika word daagliks verkrag, gemartel en vermoor. Die president van Suid-Afrika moedig dit selfs aan. My vrou se familie is boere en ons vrees elke dag vir hul veiligheid!” lui die petisie.

Intussen is daar steeds geen amptelike aankondiging gemaak oor die toekoms van die petisieblad nie. ʼn Woordvoerder van die Withuis het in April gesê die besluit word nog hersien. Die petisieblad is dikwels as ʼn propaganda-instrument tydens die Obama-administrasie beskryf.

Volgens ʼn mediakenner word die blad deesdae gebruik as ʼn uitlaatklep vir openbare verontwaardiging teen Trump, sy personeel en sy agenda.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Leahim ·

Dit is nou soos as jou kinders stout was om die buurman te vra om hulle slae te gee ons moet onself help hierdie aanvallers moet te bang wees om in n ander man se huis of op n boer se plaas te kom ,die statistieke moet lees uit elke 10 aanvalle moet net 2 dit oorleef om tronk toe te gaan dan sal julle sien hoe gou kom hierdie aanvalle op n ent.

Heleen Nel ·

Ons het dringend hulp nodig asb kinders en ouers word net doodgeskiet vir niks..karre word gehijack en jy word summier geskiet…dis hartverskeurend om te sien hoe mense wreed vermoor word.Hulle kom in groepe van 3-10..jy het geen beheer..jy kan nie meer rustig wees in jou eie huis nie ..alles moet toe en gesluit wees..mense dit is skrikwekkend en daar word niks aan gedoen nie..bribe en steel moorde verkragtings en plaasmoorde vind elke dag plaas…ons het julle buitelande nodig om ons te help asb ons is net n handjie vol blankes..dankie vir almal se luister miskien kan julle n voorstel maak en kom help SA weer wees wat hy was..GOD BLESDINGS

Amanda Louis ·

The farm murders need to stop.. These tragedies will effect every person. Farms put food on our tables.

Nellie Nortjé ·

Suid-Afrika se boere is in groot hartseer en ellende gedompel, want ons boere; maak nie saak watter ras nie, sorg vir ons kinders en kleinkinders vir kos op die tafels!!! Ons is in benoudheid want ons leef in onsekerheid oor die dag van môre en wéét nie of jy wéér môre se sonlig sal aanskou nié!!! ASSEBLIEF…….President Donald Trump; voorsien ons van leiding, raad en hulp sodat dáár wéér vrede ook in Suid-Afrika kan wéés!!!! Mag God’s ryke keur Seëninge oor u, u familie en Amerika oorvloedig uit gestort wórd!!! Báie báie dankie dat u omgee!!!!!!!!!!

Karen ·

Ag regtig? Waarom verwag almal dat Amerika of sulks ons moet help? Dis mos belaglik. Dit het geen nut vir hulle nie. Hou op om elders te gaan smeek en ons meer belaglik te laat lyk. Kry Suid Afrikaners om saam te staan, sonder enige ras onderskeiding, dan sal iets gebeur, maar ons boerenasie is baie skuldig daaraan om enige iets ras of polities te maak. En ja, ek is ‘n wit afrikaanssprekende vrou, maar ek skaam my gereeld vir “my mense” se gedrag

Catryn ·

Karen as jy te lui en gemaklik is soos die res van die ander bevolkingsgroepe kry vir jou hoeveel protesteer en brand geboue en skole af, hulle handjies is nie rond nie. En buitendien toon asb my name, vanne van die wat vermoor is asook hofuitsprake van moorde – ons het beslis nie die huidige regering daargestel nie, dis juis die meerderheid wat hulle daar hou en dan sit mense soos jy ‘n gemakstoel, sit maar lekker

Gerhard ·

Ek reken die Trump ondersteuners in Suid-Afrika is in vir teleurstelling.

Adam ·

In die kol. Die Amerikaners weet nie eens waar SA op die aardbol is nie, Sedert die ANC aan bewind gekom het, het SA se strategiese waarde to benede nul gedaal.

Gerhard ·

Ek reken die Trump ondersteuners in Suid-Afrika is in vir ‘n teleurstelling.

Boer ·

Die freedom charter van die ANC maak nie voorsiening dat jou grond privaat is ongewensdes verwyder mag word nie.
Google dit en lees dit self.

Lou ·

Dis alles goed en wel. Maar Amerika het hul eie probleme om aan aandag te gee. Ek hoop maar dit help.

Max ·

Ons Afrikaners verdien maar net waarvoor daar “Ja” gestem is.

jaco ·

die amper 1 miljoen nee stemme van 1992 se referendum het in 1994 gedaal na skaars 425 000 stemme vir die vryheidsfronr. dieselfde party kry nou, 23 jaar later, maar iets soos 160 000 stemme. nou waar is die ander nee stemmers dan intussen heen? almal dood, almal in australië, almal by die DA? Kortom, regse konserwatiewe nee-stemmende Afrikaners se apatie en geberk aan belangstelling in politiek vanaf 1994 HELP AAN om ons eie mense se graf te grawe.
Onthou, ‘n wegbly stem is eintlik n stem vir die ANC.:
6 stem ANC, 3 stem DA en 1 stem VF-Plus. dit gee die ANC 60%
nou bly die VF-plus ou weg want hy “stel nie belang nie”. die ANC kry steeds 6 stemme en die DA 3, maar nou is die ANC se persentasie 66%

Adam ·

Jaco, dankie dat jy vir Max so ‘n prgatige lessie probeer leer. Ongelukkig vir Max leef die “nee” stemmers van destyds net soos die ANC in ‘n fantasie-wereld waar hulle dink jy die geskiedenis kan herskryf. Dit is ongelukkig nie moontlik nie. Laat die gras oor die verlede groei en neem die lesse wat daaruit geleer word ter harte.

Cherokee ·

Sinneloos van die publiek om te vra dat ‘n induvidu se (volle) belastingopgawe aan hulle beskikbaar gemaak moet word. Almal het die reg tot privaatheid. Donald Trump se salaris vanaf die staat as president is $1.00 per jaar. Dit alleen is ‘n groot bydrae tot die Amerikaanse ekonomie, in ag genome dit is vanaf een belastingbetaler.

Mariska Kruger ·

Ek hoop die gene wat so negatief is om die Buiteland te betrek of te hoop hulle help ons uit, het ‘n baie goeie plan teen die misdaad. Hou op kla en gaan teken die petisie.

fritz ·

Ek het gehoop Trump gaan help maar duidelik nie, almal van ons moet ophou hulp gaan soek op die verkeerde plek ek is self skuldig,ma toe besef ek….. in die bybel staan da… Jul hulp sal van My vandaan kom Die een wat Hemel en aarde gemaak het…

rofie ·

Wat kan en gaan Trump doen? ons is nie Amerikaners nie – Trump sit agter sy hand en lag vir ons – beveilig jouself en jou gesin, ons het almal die reg daartoe, hou op uitkyk ander lande gaan ons kom help – meeste steun die huidige regering, gaan soek maar…

John ·

Wag net totdat Zuma ook ‘n atoombommetjie wil bou met die hulp van vriende en boesemvriende se uraanmyne, dan sal die Pentagon lewe kry. Dis verbasend dat die seeweg om die Kaap nie meer van belang is vir die Weste nie. Met Egipte onder beleg en die Kaap nie meer Hollands nie en met verkeerde wapens in verkeerde hande gaan skepe darem ‘n ver pad moet roei om by hul bestemmings uit te kom…

koos ·

die swart Obama kon nie eens vir Mugabe sê “jy is lelik met jou eie ras se mense. hou op” nie, so die wit Trump sal ook niks sê of doen nie

Voortrekker ·

Ons moet weer 16 Desember Geloftedag herdenk. Dit is baie belangrik. Ek sien Maroela het nie my eerste kommentaar oor Geloftedag geplaas nie – Ek wonder waarom nie? Ek het niemand offend nie? Ons moet meer paraat wees mense!!!
Sal ‘n ander naam moet gebruik en hoop die kommentaar word geplaas.
Geloftedag is baie baie belangrik!!!

Magdalena Van Niekerk ·

Die boere is weerloos en die booswigte kom letterlik weg met moord!

Gideon ·

Dit is hierdie einste Amerika wat destyds, saam met baie ander lande, sanksies teen die ou regering toegepas ten einde apartheid te stop. Waarom sal hulle nou die selle nasie uit die moeilikheid wou help. Hulle sal eerder se dis julle eie gemors.

Tweedens is n 100 000 stemme soos n poep in n sandstorm teenoor die miljoene in Amerika.

Derdens gaan dit nie help ons soek hulp oorsee as ons nie eers mekaar wil help nie…..

Amerika sit met sy eie probleme en meeste mense daar is nie eers bewus waar Suid frika is nie. Vir hulle is ons net n deel van Afrika waar almal nog velletjies dra en die leeus vry rondloop.

Hierdie ding moet op eie bodem uitgesorteer word, deur ons eie landsgenote.

Henry McDonald ·

Goed. Nou teken almal die petisie 100.000 handtekeninge. Hoekom Amerika hoekom nie Rusland, Duitsland of VK nie? Nou hoe reageer Amerika dan? Stuur die Marines die Seals en wat nog om plase te kom bewaak? Boere op te pas? Vergeet maar. Die enigste oplossing lê daarin om eie weerbaarheid te versterk DAAR waar die moorde gepleeg word. Vergeet maar van die buiteland genoeg probleme van hul eie…….

Nee wat ·

Nee wat, ek woon self op ‘n plaas en ek verstaan wragtig nie wat Suid-Afrikaners verwag Amerika aan die huidige stand van sake moet doen nie. Ek hou gereeld internasionale nuuskanale dop en boere se pleite word definitief nie op CNN of ander hoofstroommedia-platforme uitgesaai nie. Kernkrag, Aids, dekolonisasie, vlugtelinge/onwettige immigrasie, Trump se presidentskap die VSA en Korea se struweilinge is van baie meer belang as ONS mense. Hou op petisies teken en beveilig jouself so goed jy kan, leef naby aan God, hy is die antwoord. Onthou ook net God laat nie dié dinge toe nie, die duiwel en sy trawante doen. Bid vir die land staan op en staan saam.

Bekommerde boervrou ·

Hoekom kan ons nie probeer om SA se bod vir volgende wêreld rugbybeker te boikot nie? Ek hoor op RSG hoe goed het ons regering “mooi broodjies” gebak het oor die toestand in ons land. ONWAAR!!! Dit terwyl Malema nou weekliks skares aanmoedig om moord te pleeg! Malema, Zuma se grootmaakkind!!!

SCK ·

Karen, wat doen jy on ‘n verskil the maak? Jy het duidelik nog nie familie of vriende in ‘n wreede moord vermoor nie. As jy nie weet waarvan jy praat nie bly eerder still. Daar is baie van ons wat nog Elke DAG met die hartseer en pyn sit agv ‘n geliefde wat wreede vermoor is. Mense soos jy maak my siek, hoop jy hoef nooit iemand so te verloor nie.

Hamman ·

Daar is baie groter konflikte in die wereld en die UN en Amerika gaan eerder daaraan aandag gee as aan ons. Ons is op onsself aangewese en daarom moet ons saamstaan en God om hulp vra. Dit is amper weer die 16de Desember en ons moet dit op die regte manier herdenk en terugkeer na ons geloof toe. Dit is al wat ons kan red.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.