Twee IVP-lede doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Twee lede van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) is in die uMtshezi-gebied naby Estcourt in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Siyanda Mnguni en Thokozani Majola is Vrydagaand doodgeskiet, maar die omstandighede rondom hul moord is steeds nie duidelik nie.

Volgens voorlopige inligting was Mnguni en Majola glo besig om kiesers te werf toe hulle deur ʼn groep mense met ANC-T-hemde aan gekonfronteer is. Blessed Gwala, die IVP se nasionale voorsitter, beweer die IVP-lede is op kort afstand doodgeskiet.

“Ons is baie bekommerd hoe nader ons aan die munisipale verkiesing kom, want ons verloor al hoe meer van ons lede. Hierdie misdaadvoorvalle ondermyn nie net kiesers se demokratiese reg nie, maar doen ook afbreuk aan alles wat ons tot dusver gedoen het om KwaZulu-Natal te stabiliseer,” het Gwala Sondag gesê.

“Daar is ook aan my gesê dat die leier van ʼn sekere politieke party deur ʼn groep van ons vrywilligers gery en een van hulle beseer het, voordat hy weggejaag het. Wat ons kwaad maak is dat die polisie nie eens sake van poging tot moord of vlug van ʼn ongelukstoneel wou open nie, maar slegs ʼn saak van roekelose bestuur. Dit is belaglik. Daar moet stappe teen hierdie polisiebeamptes gedoen word.”

Gwala het ʼn beroep op IVP-lede gedoen om kalm te bly terwyl die polisie die moorde ondersoek. Die party sal ondersteuning aan Mnguni en Majola se families bied, het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andre ·

Dit is insidente soos hierdie barbaarse moorde, die geweld, anargie en korrupsie wat my laat verstaan waarom die beleid van AFSONDERLIKE ONTWIKKELLING destyds as die enigste werkbare plan beskou is. Steeds die enigste werkbare uitweg vir Suid Afrika???

Frederik ·

Ook net die AFSONDERLIKE het realiseer. Nie ONTWIKKELING nie.

Cherokee ·

Ag jong, dit is net ‘n munisipale verkiesing (waartdens die DA-lede vir grondhervorming gaan stem).

Maria van Dieweeck ·

Korrek Andre, net soos Europa nou uitvind. Almal is toe nou nie dieselfde nie. Kyk net na die verskillende koerante. My hel, hulle glo dan die tokkelos gaan hul vang!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.