Twee jaar tronkstraf vir man wat by polisiestasie inbreek

Christo Goeda (32). (Foto: verskaf)

ʼn Man wat by die Stormsrivier-polisiestasie in die Oos-Kaap ingebreek het, is twee jaar tronkstraf opgelê vir die diefstal.

Christo Goeda (32) is in Mei vanjaar op heterdaad betrap waar hy besig was om ʼn rekenaar in die administrasiegedeelte van die polisiegebou te ontkoppel, het sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, gesê.

Twee geheuestokkies wat aan ʼn werker by die polisiekantoor behoort, is ook in sy broeksak gevind.

Goeda is aangekla van huisbraak en diefstal en het skuldig gepleit op die aanklagte.

Brig. John Lebok, bevelvoerder van die Humansdorp-polisiegroepering, het die vonnis verwelkom wat regter Jakobus Richter Goeda Dinsdag opgelê het.

“Ek glo die vonnis gaan dien as ʼn afskrikmiddel vir enigeen wat iets soortgelyks wil probeer,” het Lebok gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

HG ·

Hoe breek jy in ñ plek in wat 24uur van die dag oop behoort te wees?

Sandy ·

Woorde ontgaan my. Wie is so dom om by die polisiestasie van alle plekke in te breek. Wel, op ‘n positiewe noot, die polisie hoef darem toe nie te ver gery het om hom te arresteer nie.

Sarie ·

HG die stasie was oop. Die werkers het seker net ‘n paar uur se uiltjie geknip toe die inbraak gebeur het.

Boet Fasie ·

Hy slaan die polisie se naam met ‘n plank he he, hy verdien eintlik ‘ n medalje.????

sweis ·

Sou ek die bevelvoerder wees sou ek te skaam wees om te sê n skelm is gevang terwyl hy by die polisie stasie inbreek hoe min voel die skelms vir die sa se sogenaamde polisie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.