Twee JHB-winkelsentrums beroof

Argieffoto

Argieffoto

Twee winkelsentrums in Johannesburg is Maandag beroof, het die polisie in Gauteng gesê.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê die Maponya-winkelsentrum in Soweto en die Northgate-winkelsentrum in Northriding is albei omstreeks 9:00 Maandagoggend beroof.

Dlamini sê twee veiligheidswagte was in die Maponya-winkelsentrum om kontant af te haal. ‘n Man het die veiligheidswagte voorgekeer en ‘n vuurwapen op hulle gerig waarna hy die kontant by hulle afgeneem het.

Dlamini sê die man het uit die winkelsentrum gevlug terwyl ‘n ander man wat by die ingang wag gestaan het ‘n skoot afgevuur het. Vier mans het by die ander twee mans aangesluit voor hulle in ‘n grys motor gevlug het. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Dlamini sê twee mans het omstreeks dieselfde tyd ‘n selfoonwinkel in die Northgate-winkelsentrum beroof. Hy sê die winkelbestuurder is in ‘n agterkamer ingedwing voor die verdagtes met selfone en kontant gevlug het.

Dlamini sê niemand is tydens die voorval beseer nie. Die polisie soek steeds na die twee verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.