Twee jong boeties sterf saam

Argieffoto

Twee jong boeties, onderskeidelik 9 en 11 jaar oud, is Saterdagoggend dood toe hulle deur ʼn motor op die N4 in Rustenburg in Noordwes getref is.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê die voorval het naby die Waterfall-winkelsentrum in dié dorp plaasgevind.

Volgens Van Huyssteen het albei seuns in die middel van die pad gelê toe paramedici net ná 10:00 Saterdagoggend op die toneel aangekom het.

“Die kinders het geen tekens van lewe getoon nie en paramedici het albei seuns op die toneel dood verklaar,” sê sy.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nie in dié stadium bekend nie. ʼn Ondersoek is deur die polisie begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

snoepie ·

weet mens mag nie oordeel nie. Maar wat soek 2 sulke klein kinders op n besige pad. Hoekom is daar nie teminste een groot mens saam hulle nie. Vra maar net

Filisety ·

Blykbaar was die ma saam…maar n derde kind het n doring of iets in voet gekry…en terwyl sy besig was om daarna om tesien het die ander 2kies oor pad probeer gaan.

Hennie ·

9 en 11 jaar oud is darem ook nie meer so klein nie. Mens weet nie wat die omstandighede was. Bly ‘n tragiese voorval en dit moet baie erg wees om 2 kinders op dieselfde dag te verloor. My simpatie met die naasbestaandes.

Teuns Nel ·

Soos ek verstaan het die voertuig weg gejaag. Sso as die moeder daar was so sy moes sy tog nood dienste ontbiet het . En kon sy sy hoe diw voertuig lyk wat weg gery het.

Yolanda Maritz ·

Blykbaar was hulle ma en nog ‘n kleiner sibling by hulle gewees. Sy het alles gesien gebeur.

Anida Visagie ·

Ekskuus, ek het opregte simpatie met die ouers van hierdie seuntjies.
Wil net vra, siende dat hierdie ook ‘n taal-webwerf is, hoekom mense deesdae praat van ‘saam iemand gaan’ en nie ‘saam MET iemand gaan’ nie?
Kom ons probeer reg praat !

Langtoon ·

Lyk my die N4 is die heel gevaarlikste pad in die land!
Hoogtyd dat hy dubbeld gemaak word met sy hoe spoed motors en honderde vragmotors per uur!!
Ek sidder!
Die ander gevaarlikste pad in NW is vanaf Damdoryn tot by die Silkaatsnekpad, meer kolkgate as pad!
Ace skrik wakker!!

Hartseer ·

Soos Ek verstaan van n ooggetuie het die voertuig weggejaag nadat die kinders raakgery is. N ander getuie het voertuig agterna gesit en gestop gekry en teruggevat Na die ongeluks toneel toe

Selicia ·

Ons is net na die voorval daar verby, die motor wat die kinders getref het was op die toneel, bly baie tragies en my innige simpatie aan beide die bestuurder en slagoffers se families

Eers weggejaar toe teruggedwing ·

Ek verstaan die dame in die luukse swartkleurige merc het weggejaag. N held van die publiek het hasr toe agternagesit en sy is toe terug na die toneel.

Stan ·

Die vrou was seker in skok. Kan my nie indink hoe ‘n mens moet voel as jy jou twee kinders verloor nie, en die bestuurder wat hulle raak gery het nie. Baie tragies!!

John ·

N4, naby winkelsentrum. Waar nou eintlik? In die dorp is van die N4 af.

Stofskoen ·

Ek voel so hartseer vir die mense se verlies. Die pyn moet ondraaglik wees.

Ek weet nie hoe ek so iets sal kan hanteer nie.

Simpatie aan die ouers en familie.

Tanya Kruger ·

My hart is aan die bloei. Hoe verskriklik! Rus in vrede kinders.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.