Twee jong kinders sterf in skietvoorval

(Argieffoto: ER24)

ʼn Drie maande oue baba en ʼn 11-jarige meisie is Vrydagaand tydens ʼn skietery in Vanderbijlpark doodgeskiet. Hul ma het ernstige skietwonde opgedoen.

Volgens inligting deur ER24 is hul paramedici om 20:20 na die Bophelong-nedersetting in Vanderbijlpark ontbied. Die ma en baba is saam op ʼn bed in die gesin se huis aangetref en die 11-jarige op ʼn ander bed in dieselfde vertrek.

ʼn Derde kind van omtrent vyf jaar oud is ongedeerd onder komberse op ʼn klein bedjie in ʼn ander vertrek aangetref. “Die baba en 11-jarige is op die toneel dood verklaar en die ma (30) is op die toneel met gevorderde lewensondersteunende toerusting behandel. Sy is later in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem,” het Ross Campbell, woordvoerder van ER24 gesê.

Dit is nie seker wie hulle geskiet het nie. Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel, maar het nog nie op Maroela Media se navrae gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Di ·

Sekere mense in die land is SIEK! Daar is elke dag berigte van gesinne wat so te se uitgewis word, absoluut skokkend. Seker weer die pa of kerel wat dit gedoen het. Weet nie hoekom moet die onskuldige kinders altyd die slagoffers wees van hierdie dade nie. Hoop van harte die useless polisie spoor die verdagde vinnig op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.