Twee jong mans sterf in motorfietsongeluk

Argieffoto

Argieffoto

‘n Motorfietsryer en sy passasier is Saterdag dood na ‘n ongeluk in Hatfield, Pretoria.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die bestuurder van die motorfiets het glo beheer verloor op ‘n draai naby die kruising van Gordon- en Kerkstraat.

Botha sê met paramedici se aankoms op die toneel, het ‘n 21-jarige man reeds aan sy beserings beswyk.

Hy sê die ander man is op die toneel behandel voor hy na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg. Hy is egter kort na sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.