Twee jong mans verdrink

Kariega-strand. Foto: TripAdvisor

Twee jong mans het Saterdag in die see by die Kariega-strand in Kenton-on-Sea in die Oos-Kaap verdrink.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die NSRI Port Alfred is omstreeks 15:56 na die strand ontbied. Die polisie, ambulansdienste en lede van die buurtwag was ook op die toneel.

“Met ons aankoms is twee mans in vlak water op die kuslyn gevind. Hulle is na die strand gebring waar paramedici hulle onmiddellik begin behandel het. Albei is egter kort daarna op die toneel dood verklaar.”

Die twee mans, albei in hul vroeë 20’s, het glo saam met ʼn groep vriende in die riviermond geswem toe hulle in die moeilikheid beland het en deur sleurstrome die see ingetrek is.

Die polisie het met twee geregtelike doodsondersoeke begin. Die NSRI het sy medelye met die families en vriende van die oorledenes betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.