Twee ‘kabeldiewe’ vas na skietery op Brits-plaas

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Die polisie in Noordwes ondersoek ʼn saak van poging tot moord en diefstal nadat ʼn boer van Brits glo kabeldiewe op sy plaas betrap en skote op hulle afgevuur het.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is omstreeks 02:30 Saterdagoggend ingelig oor ʼn skietvoorval op ʼn plaas buite Brits. Polisiebeamptes het met hul aankoms op die toneel gevind dat werkers van ʼn buurplaas twee Zimbabwiërs aanhou.

“Volgens die boer is hy deur sy veiligheidsmaatskappy in kennis gestel dat daar twee mense op sy plaas is wat glo kabels steel. Die boer het hom glo na die toneel gehaas en die twee mans daar aangetref voordat hy waarskuwingskote in die grond afgevuur het. Die verdagtes het toe glo in ’n dam gespring.”

Moleko het gesê die boer het glo later gesien een van die verdagtes is in sy linkerkuit geskiet. Sy kon egter nie duidelikheid verskaf hoe die verdagtes uit die dam uit gekom het nie.

“Daar word beweer dat een van die verdagtes aangerand is en in ʼn kritieke toestand in die Brits-hospitaal is. Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en albei is onder polisiebewaking in die hospitaal.” Moleko kon nie bevestig wie almal by die beweerde aanranding van die verdagte betrokke was nie.

Volgens Moleko sal die verdagtes van diefstal aangekla word. “Die saak van poging tot moord word steeds ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

edwin ·

Ek het al genoeg diefstalle gehad op my plaas en selfs n gewapende poging tot roof. As hulle die skoot kom haal sal hulle dit verseker kry. Ek skiet eerste en is keelvol.

scalla ·

dit is mos nie hul eiendom nie, wat soek hul daar, dam was seker nie diep genoeg nie. hoop hul het n lekker koue opgetel.

Saartjie ·

Ag regtig!! Nou word die boer aangekla van poging tot moord omdat hy diewe op sy plaas geskiet het? Ek as enkeldame is slaggereed om enige oortreder te laat les opsê as hulle ongenooid op my plaas opdaag. En ons gaan verseker nie net praatjies maak nie.

Jennefer ·

Daar mag we’ll op boere geskiet word, maar ons moet sit en kyk hoe rowers alles wegdra! Ek is siek en sat van die ANC houding.

Eddie ·

Die Here help ons. Daar is soveel moord en dinge wat in hierdie land van ons is. Dan sal die moordenaars nog meer regte he as die van ons wat die wet gehoorsaam is. Nee wat tot en met die tyd wat n ordentlike President en regering gekies word het ons nie n kans nie. Lekker ou Suid Afrika.!!!!!!!!!

jacques ·

Ons Tel lyne is al 2 keer afgesteel na al die plase hier nou wyer Telcom om weer lyne aan te sit.
Kan nou maar net sowel die stuk afhaal wat na my toe ook loop die pale kan ek nogal gebruik hier by my,die draad kan ek maar vir die kabel diewe skenk.

Nico ·

Aanvaar dit nou maar van die rassistiese ANC regering.As jy wit is is jy skuldig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.