
Argieffoto: Nico Strydom
Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is omstreeks 02:30 Saterdagoggend ingelig oor ʼn skietvoorval op ʼn plaas buite Brits. Polisiebeamptes het met hul aankoms op die toneel gevind dat werkers van ʼn buurplaas twee Zimbabwiërs aanhou.
“Volgens die boer is hy deur sy veiligheidsmaatskappy in kennis gestel dat daar twee mense op sy plaas is wat glo kabels steel. Die boer het hom glo na die toneel gehaas en die twee mans daar aangetref voordat hy waarskuwingskote in die grond afgevuur het. Die verdagtes het toe glo in ’n dam gespring.”
Moleko het gesê die boer het glo later gesien een van die verdagtes is in sy linkerkuit geskiet. Sy kon egter nie duidelikheid verskaf hoe die verdagtes uit die dam uit gekom het nie.
“Daar word beweer dat een van die verdagtes aangerand is en in ʼn kritieke toestand in die Brits-hospitaal is. Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en albei is onder polisiebewaking in die hospitaal.” Moleko kon nie bevestig wie almal by die beweerde aanranding van die verdagte betrokke was nie.
Volgens Moleko sal die verdagtes van diefstal aangekla word. “Die saak van poging tot moord word steeds ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Stoute dam wat nie sy werk gedoen het.
Let op die opskrif : poging tot moord
dit is mos nie hul eiendom nie, wat soek hul daar, dam was seker nie diep genoeg nie. hoop hul het n lekker koue opgetel.
Ag regtig!! Nou word die boer aangekla van poging tot moord omdat hy diewe op sy plaas geskiet het? Ek as enkeldame is slaggereed om enige oortreder te laat les opsê as hulle ongenooid op my plaas opdaag. En ons gaan verseker nie net praatjies maak nie.
Daar mag we’ll op boere geskiet word, maar ons moet sit en kyk hoe rowers alles wegdra! Ek is siek en sat van die ANC houding.