Twee ‘kapers’ in Kaapstad aangekeer

'n Polisiebeampte by die gekaapte motor. Foto: Verskaf

‘n Polisiebeampte by die gekaapte motor. Foto: Verskaf

Twee mans is Dinsdag in Kaapstad aangekeer nadat die polisie die sein van ʼn opsporingstoestel van ʼn gekaapte motor gevolg het.

Lt.kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het gesê die verdagtes, onderskeidelik 35 en 50 jaar oud, is in Ottery vasgetrek met die gekaapte VW Citi Golf, onwettige vuurwapens en vermeende gesteelde goedere in hul besit.

“Die polisie het tydens die klopjag beslag gelê op drie onwettige 9 mm-pistole, die loop van ʼn haelgeweer, ammunisie, ʼn motorfiets, ʼn motorenjin, drie koeëlvaste baadjies en die vermeende gesteelde goedere,” het Traut gesê.

Die verdagtes moet binnekort in die Wynberg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ryno ·

SAP.
Baie dankie vir al julle harde werk en opofferinge om ons land ‘n veiliger tuiste te maak!

Michael ·

Dit lyk vir my alles werk net beter in die Weskaap provinsie.

Dee ·

Jy stem dus saam met Zille vir regstellende aksie en grondhervorming.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.