Die polisie in die Wes-Kaap het Sondag twee verdagtes in hegtenis geneem, nadat ʼn gekaapte voertuig teen die polisie se motor vasgery het.
Die motor is glo kort voor die voorval in Khayelitsha gekaap.
Volgens kol. Andre Traut, polisiewoordvoerder, is die bestuurder van ʼn Toyota Avanza deur vier verdagtes gedwing om sy motor te bestuur waarheen hulle hom beveel. “In Ou Faureweg in Mfuleni naby Somerset-Wes het die slagoffer ʼn polisievoertuig gewaar en aspris daarteen vasgery om die polisie se aandag te trek,” sê Traut.
Twee kapers en drie polisiemanne is tydens die botsing beseer. Die polisie kon wel daarin slaag om die twee beseerde kapers in hegtenis te neem. “Die ander twee het ongelukkig weggekom.” Die polisie het ook beslag gelê op ʼn 9 mm-pistool en haelgeweer in die verdagtes se besit.
“Die verdagtes is in die hospitaal opgeneem en sal binnekort in die hof verskyn,” sê Traut.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Ja ne….slim gedink
Interessante storie en ‘n slim ongeluk.
Die land is in n ongedisplineerde toestand on dat gemors menseregte het
Soos die ou wat iemand gevra het: watter bus gaan hospitaal toe? Toe se hy : spring sommer voor daardie een in. En watter polisiekar gaan tronk toe?………
Nou wel bietjie drasties maar n goeie manier om hul wakker te maak.