Twee kinderlykies uit dam gehaal

Miyolo Gwinita (links) en Linathi Ntshonga (regs) (Foto: SAPD/Wes-Kaap)

Die liggame van twee kinders is laat Donderdagaand uit ʼn dam in Mfuleni in die Wes-Kaap gehaal.

Die polisie is ontbied nadat klere in die dam tussen Old Faure-weg en die N2-hoofweg opgemerk is.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het polisieduikers kort daarna die liggame in die dam gevind.

Die liggame is geïdentifiseer as die van twee sewejarige seuntjies wat verlede week in Khayelitsha vermis geraak het. “Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek begin.”

Miyolo Gwinita en Linathi Ntshonga is verlede Donderdag die laaste keer gesien toe hulle saam gespeel het, ’n hele paar kilometer van die dam af. Hulle ouers het hulle as vermis aangemeld.

Volgens Potelwa is berading vir die families van die twee seuns gereël.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nozi ·

Ai tog, so hartseer en onnodig. Baie sterkte aan die ouers en families. Mag God vir jul krag gee en saam met jul gaan deur hierdie tyd. Mag die persone wie verantwoordelik is vir hierdie aaklige daad vinnig gevang word en veraltyd weg gebere word. Ons land het regtig die sulke gevoelose skurke nodig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.