Twee kinders dood gevind in motor

netcare1Twee kinders is Maandag dood aangetref in ʼn motor in Strubenvale in Springs aan die Oos-Rand.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê vier kinders is omstreeks 15:00 Maandagmiddag in die motor gevind. Twee van die kinders, onderskeidelik vier en ses jaar oud, is op die toneel dood verklaar.

Steinmann het gesê die ander twee kinders het oorleef. ʼn Vyfjarige kind is in ʼn stabiele toestand terwyl ʼn 20 maande oue baba in ʼn ernstige toestand is. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Volgens Steinmann was die motor agter in ʼn erf parkeer. Die kinders het glo buite gespeel en is later in die motor gevind.

Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Linda J vVuuren ·

Ek kom le n eier ons woonatig in Westonaria n myn dorp ons betaal vir die nuuwe uitbruiding se krag en water ons het die hoogste grond rate en tax in die omgeewing AAR IS REGUIT GESE ONS RUIK MENSE SAL SORG VIR DIE AREMS ONS BETAAL VIR ELKE TROON IN ONS HUIS HOUDING ONS WERK NET VIR N SELARIS ANDER PENSION MAAR ONS IS VERHOOG N 80% TOT 100%OP RATS EN TAXES VALU OP ONS HUISE IS NET OPGESIT MAAR NIEMAND UITGEKOM OM TE KOM KYK NIE ???????

Nina ·

Jy mag miskien ryk wees, maar duidelik moet jou ouers jou skoolgeld gaan terugvra. Liewe genugtig!

Nella ·

Linda, waar val jy nou uit die bus uit? Nou gaan die mense my kritiseer seker, maar jou spelling! My hart gaan uit na die familie van die kleintjies. Net kindertjies wat wou speel….

Marietjie ·

Linda J – ek kan nie sien dat jy kommentaar enigsins relevant is op die berig nie. Dalk moet jy jou klagte op die regte forum opper. Simpatie aan die familie van hierdie kinders.

Hester ·

Die kinders was tog seker ‘n hele ruk in die kar toegesluit. Het niemand toesig oor die kinders
gehou nie? Daardie persoon kon mos hoor die kinders raak nou lank stil, en gaan kyk het???

Eugene Beeslaar ·

dis bad dat sulke dinge moet gebeur?? Waar was die volwassenes wat toesig moes hou??

Bossie Bosman ·

Waar is die kinders se ouers of toesighouers ? Sulke mense is skudig aan moord was hulle toe gesluit in die voertuig ? Wat is die oorsaak van hul dood ? Gaan ons as publiek ooit weer iets hoor hiervan.

Chivago ·

Linda – liewe genade vrou! As jy klaar ge”ruik” het is jy seker nou “ryk”. Al daai “rats” is nie goed vir “rates & taxes” nie jong, gaan koop Ratttex met daai “salaris” voor “pensioen” aftrekkings en die “armes” weglê aan die bietjie wat oorbly. Daarna kan jy op die regte forum jou klagtes en gedagtes deel – hierdie een is bedoel vir kommentaar op die dood van kinders.
Wat my laat wonder – hoe lank was die kinders dan alleen gelaat? So tragies…..

moonyeen le roux ·

N kar is nie n speel plek nie. HuLle het seker vensters en deure toegemaak en kon nie weer oopkry nie. Het ook nie suurstof gekry nie want kar was te warm binnekant. Ouers se skuld. Gn verskoning nie. Ek bid vir die kindertjies wat dit oorleef het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.