Twee kinders dood, nog twee kritiek toe weerlig tref

Boomtakke wat afgebreek het weens die storm in die Sterkstroom-gebied in die Oos-Kaap. Dié foto is een van talle stormverwante foto’s wat die afgelope naweek op sosiale media gedeel is. Foto: Larry Pip Freeman via Reënval SA (Twitter)

Twee kinders is dood en nog twee is in ʼn kritieke toestand nadat hulle Sondagmiddag deur weerlig getref is.

Kapt. Namhla Mdleleni, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het omstreeks 14:00 in Mlungisi, wes van Queenstown in die Oos-Kaap, gebeur.

Volgens Mdleleni was die twee meisies en twee seuns, almal tussen 11 en 15 jaar oud, te voet op pad huis toe toe ʼn storm opgesteek het. Die vier kinders het probeer om vinnig by die huis te kom, maar is al vier deur ʼn weerligstraal getref.

“Die twee meisies is op die toneel dood, terwyl die twee seuns in ʼn kritieke toestand in die hospitaal opgeneem is,” het Mdleleni gesê. Volgens die polisie is drie van die kinders lede van dieselfde gesin.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is begin.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SANW) het Vrydag gewaarsku donderstorms wat met erge weerlig, stormsterk winde en hael gepaard kan gaan, is die naweek op verskeie plekke oor die land verwag. Op sosiale media het talle gebruikers foto’s geplaas van haelkorrels wat soos ʼn wit kombers oor die grond lê, boomtakke wat afgebreek het weens die storm en beboude gebiede wat oorstroom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

t ·

Kommissie van ondersoek asb. Laat die EFF en ander partye NOU opruk om antwoorde te eis. Ry hulle met busse aan sodat daar ‘n massa byeenkoms op die plek gehou word waar die weerlig die kin ders getref het. Dring aan op antwoorde en doen dit met die volgende storm sodat niks weggesteek word nie…

Ellisras ·

Om weerlig te oorleef is net ‘n wonderwerk. Niks anders nie. Prys die Heer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.