Twee kinders doodgery

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee kinders is Saterdagoggend in Carletonville aan die Wes-Rand doodgery.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, is paramedici omstreeks 10:30 na Wedelaweg ontbied.

“Die lewelose liggame van die twee meisies het langs die pad gelê.” Hulle is op die toneel dood verklaar.

Volgens Vermaak het die bestuurder van ʼn motor die twee meisies getref voordat die motor in ʼn sloot langs die pad tot stilstand gekom het. Die bestuurder en passasier in die voertuig is nie beseer nie.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Annie ·

My hart gaan uit na die families van hierdie kindertjies, maar tog wil ek ouers aanmoedig om hulle kinders padreels te leer. Dis ‘n daaglikse verskynsel om kinders in die middel van die pad te sien loop en buiten voertuie, moet mens ekstra bewus wees van voetgangers.

Veilig ·

Netso Annie maar veral jou laaste sin se einde. Onthou dat as jy nie self bestuur dan besef jy nie die gevare waaraan jy jouself blootstel. Ook is “a child is as wide as the road” of ons dit wil weet of nie.

marie visser ·

So ‘n bitter tragiese voorval. Ek kan net vir die ouers bid. Om ‘n kind aan die dood af te staan, te begrawe, is iets wat woorde nie kan beskryf nie – net God kan jou in hierdie omstandighede vashou en vertroos. Sterkte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.