Twee kinders glo vergiftig

hoenders

Foto: Zdenet/Pixabay.com

Die stad Kaapstad ondersoek ʼn saak van vergiftiging ná twee kinders dood is in Brown’s Farm in Philippi.

Die stad se departement van omgewingsgesondheid sal die twee sake van voedselvergiftiging ondersoek.

Raadsheer JP Smith, die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sekuriteit en maatskaplike dienste, het gesê dié ondersoek sal ʼn reeks aspekte in ag neem, waaronder ʼn besoek aan die slagoffers se huise, die padstal waar die hoenders voor die voorbereiding daarvan aangekoop is asook die plaas waar die hoenders verkoop is.

“Daar is reeds monsters van die kos geneem en dit word na laboratoriums gestuur vir toetse. Daar is ook monsters by die padstal self geneem vir nadere ondersoek,” het Smith gesê.

Smith het gesê hulle wil nie bespiegel oor die moontlike oorsaak van die vergiftiging voor die resultate van die ondersoek bekend is en die nadoodse ondersoekresultate beskikbaar is nie. Hy het wel toegegee dat die voorval blykbaar slegs met een huisgesin verbind kan word omdat dit sover hul wete strek net die twee kinders is wat vergiftiging opgedoen het.

Smith het sy meegevoel met die familie betoon en belowe dat die stad en die gemeenskap alles in hul vermoë sal doen om te verseker dat die skuldige aan die pen ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

En nou word daar ondersoek ingestel so al of die kinders slegs hoendervleis geëet het

Piet ·

En nou moet daar noodwendig n skuldige wees om aan die pen te ry. Dit het seker eers in die son gele en “mature” nadat hulle ma dit vir hulle gegee het om te eet. Wat vrot is vir die een kultuur is lekkernye vir n ander.

Anoniem ·

Ek het op RSG gehoor dat die pa en 3 ander kinders ook in die hospitaal opgeneem is met voedselvergiftiging.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.