Twee kinders in Oos-Kaap doodgery

Die toneel waar die sewejarige Lonwabo Peyi doodgery is. (Foto: SAPD)

Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek twee sake van strafbare manslag nadat twee kinders Vrydag in verskillende padongelukke gesterf het.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, sê die eerste ongeluk het omstreeks 10:30 gebeur toe ʼn vragmotor die sewejarige Lonwabo Peyi op ʼn grondpad in die Phola Park-nedersetting in Humansdorp raakgery het. “Lonwabo is op die toneel dood verklaar,” sê Nkohli.

Omstreeks 17:00 het nog ʼn ongeluk in North West-straat in Uitenhage plaasgevind. ʼn Motor het die sewejarige Dawid Arendse langs die pad raakgery. Arendse is na ʼn hospitaal gehaas, maar het in die ambulans op pad na die hospitaal gesterf.

Nkohli sê die omstandighede van albei ongelukke word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jennefer ·

Hou die R101 in die oog. Dis n nasionale pad na die Noorde, en mense het nou aangrensend aan die pad gaan plak.

Lena Jonk ·

Wat gaan nou in die Kaap aan , mense was dan altyd rustig ongeag ras. Dis vir my skokkend om te sien dat daar so agteruitgang is. Kapenaars word wakker en verwilder vir satan en sy demone, daardie pragtige deel van SA is nou n moord- dwelmnes, nee wat staan op en wees stryders vir Christus en nie vir satan nie.

Cherokee ·

Da issie problem, Lena Jonk. Soekie probleem by die DA. Hulle dink hulle kan die country run maar hulle kan nie eens hul eie party manage nie.

Basjan ·

Cherokee, jy klink nou net soos een van aunty Pat se Good Party ondersteuners.

Maljan ·

Ai Daantjie Kat, waar is jy tog? Kinders word nie meer op skool padreëls geleer nie. Ook nie om nie rommel te strooi nou. By die huis en op TV is daar ook ander prioriteite. Buitendien, pof betaal groot

Juffrou ·

Ag CHEROKEE, jy is nie eens bewus dat dit jou ANC is, wat NIKS kan manage nie! Hospitale, paaie, skole, poakantoor, polisie. Noem maar op. Dus, moenie die DA vir dié gemors en bendegeweld in die Wes-Kaap blameer nie! Word wakker man. Maak jou oë en verstand oop!! ????????

Blommie ·

juffrou, wie het beheer in die KAAP, vra maar net?
Dis jammer dat twee kinders moes sterf, weet nie wat gebeur het nie.
Maar sterkte aan die ouers en familie, mag God julle dra deur hierdie moeilik tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.