Twee kinders in PE geskiet

Gelvendale in Port Elizabeth. Foto: Google Maps

Gelvendale in Port Elizabeth. Foto: Google Maps

ʼn Driejarige seuntjie en ʼn hond is in Port Elizabeth doodgeskiet, glo deur ʼn man wat beweer hy is aangeval en dat hy uit selfverdediging opgetree het.

Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn 30-jarige man beweer hy het Saterdagaand in ʼn straat in die Gelvendale-woonbuurt afgestap toe ses mans hom glo gekonfronteer het. Volgens hom was die mans met messe gewapen en hulle wou hom beroof.

Volgens Rheeder beweer die man hy het sy vuurwapen uitgepluk en talle skote afgevuur. Rheeder het gesê die seuntjie, wat glo in die straat gespeel het, is in die rug getref. Hy is op die toneel dood verklaar. ʼn Hond is ook doodgeskiet.

Rheeder het gesê die 30-jarige man is op die toneel in hegtenis geneem. ʼn Woedende skare het intussen op die toneel saamgedrom en geëis dat die polisie die man vrylaat sodat hulle hom self kan “uitsorteer”. Die skare het oproerig geraak en die polisie se voertuie met klippe bestook. ʼn Polisiebeampte is beseer en vyf voertuie is beskadig.

Volgens Rheeder het die verdagte ʼn gesteelde en ongelisensieerde vuurwapen in sy besit gehad. Hy sal Maandag in die hof verskyn op aanklag van moord, kwaadwillige saakbeskadiging en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Rheeder het intussen gesê ʼn tienjarige meisie is Sondagoggend ook in Gelvendale geskiet. Sy is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal. Volgens Rheeder hou die aanvalle vermoedelik met bendegeweld verband.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Asjas ·

Volgens die opskrif is twee kinders doodgeskiet, jul maak slegs melding van een 3 jarige seun en sy hond, die ander is ‘n 10 jarige meisie in ‘n kritieke toestand. Wie is die ander kind asseblief?

Nico Strydom ·

Dagsê Asjas
Die opskrif is gewysig nadat daar ‘n fout ingeglip het.
Baie dankie
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Janine ·

Liewe hemel! Gesteelde en ongelisensiëerde vuurwapen. 3jarige kind se lewe weggeruk! Mag jy vrot in die tronk!

Se Maar Net ·

Dit is hoe dit gaan in ons land. Wapens eindig in hande op wat nie een bevoeg is om vertrou te word om met ‘n vurk te kan eet nie. Daarom word kinder en onskuldige mense daaglik gewond, dood geskiet. Die gemeenskap wil self met hom handel, want hul weet hy gaan net voor die mannd op sy rug le weer uit wees op die straat. Dan bekom hy weer ‘n wapen. Ons het wette, maar dit beteken net mooi niks, want die toepassing daarvan word nie gedoen nie. Want weereens is die regering die voorbeeld. Dus hoe anders dan ???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.