Twee kinders onder drie wat vroegoggend verongeluk

(Argieffoto: pixabay)

Twee kinders was onder die drie slagoffers van nóg ʼn dodelike ongeluk in Mpumalanga.

In die jongste voorval het ʼn minibus met passasiers Saterdag omstreeks 01:00 teen ʼn aankomende motor op die N4 naby Machadodorp gebots.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in die provinsie, sê die oorledenes het saam in die Toyota Conquest gereis. Die twee kinders en die bestuurder is op die toneel dood.

Vier insittendes van die minibus is ernstig beseer en word in ʼn nabygeleë hospitaal behandel.

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het intussen ʼn beroep op motoriste gedoen om die aandklokreël te gehoorsaam en hoegenaamd nie in dié tyd te reis nie.

Die aandklokreël geld tans tussen 23:00 en 04:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anel ·

Nou wat maak hulle 1:00op die pad as ons al 23:00by die huis moet wees?

melaney ·

Hulle is seker van diesulkes wat bo die wet is. Baie jammer kinders moes met hul lewens betaal.

Barend ·

Die pad is lekker stil gewees. Probleem hulle weet nie hoekom nie. Dan ook, twee karre op ‘n stil pad en hulle kan mekaar nie mis nie?

Hennie ·

As jy na donker op SA paaie is, verhoog jou kanse meervoudig om ‘n slagoffer te word. Soos in die res van Afrika…..

AH ·

Alweer ‘n minibus…..Die LUR maak asof die oorsaak van die ongeluk agv die verontagsaming van die aandklok reël is en nie die verontagsaming van padreëls nie. Selfs in die middel van die dag maak minibus drywers asof hulle verhewe bo alle wette is en maai onskuldige mense af wat wel die reëls nakom…Baie, baie hartseer hoeveel menselewens so verwoes word sonder dat daar veel gedoen word om hulle vas te vat.

Anoniem ·

Sterkte aan die ouers van die kindertjies. So onskuldig en hul moet boet vir ander se dade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.