Twee kinders sterf in botsing

Foto: ER24

Twee meisies, glo albei 10 jaar oud, is dood en 12 ander kinders beseer toe ʼn taxi en ʼn motor Woensdagoggend in Johannesburg gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het omstreeks 07:55 op die toneel in 5de Straat in Cloverdene, oos van Johannesburg, aangekom. “Met paramedici se aankoms het die taxi op sy sy in die middel van die pad gelê. Die motor het ʼn ent weg van die toneel gestaan.”

Volgens Meiring het talle kinders op die toneel rondgeloop terwyl twee meisies sowat 10 m weg van die taxi gelê het. “Paramedici het die meisies ondersoek, maar daar was geen teken van lewe nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”

Meiring het gesê 12 kinders, tussen nege en 11 jaar oud, het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere mediese sorg.

Volgens Meiring is die bestuurder van die taxi en die ma en twee kinders wat in die motor gereis het, nie in die botsing beseer nie.

Die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan Kruger ·

12 kinders in n 7 sitplek voertuig plus die bestuurder kla hom aan vir moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.