Twee kinders sterf in botsing

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Twee seuntjies, vermoedelik twee en drie jaar oud, is dood in ʼn botsing tussen ʼn bakkie en ʼn vragmotor op die N12 net voor Ogies.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het die bakkie op sy sy gelê. “Die tweejarige seuntjie het in die pad gelê en die driejarige seuntjie is op die gruis langs die pad gevind.”

Volgens Bodasing is albei seuntjies op die toneel dood verklaar. Twee volwassenes is in die ongeluk beseer en is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale gehaas is vir verdere mediese sorg.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Drieks ·

Twee seuntjies dood. Grootmense wat nie pad reèls na kom nie. Grootmense wat nie kinders vas gordel nie. Hartseer…

Peet Schabort ·

Vragmotors in die nag op die pad en dan nog die N-roetes werk nie saam nie.

Ryan Kommentaar ·

Tragies. Ek lees die artikel met trane.
Veiligheidstoeltjies vir kinder moet wet word.

Sterkte aan die ouers.

Anna ·

Die stoeltjies is alreeds wet, mense kies om dit nie te volg nie met tragiese gevolge. Ek dink ook nie mens het ‘n wetgewing nodig om vir jou te sê hoe belangrik jou kind se veiligheid is nie, volgens my is dit logika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.