Twee kinders sterf in brand om slang te verjaag  

Sewe leerlinge het erg gebrand en is na ’n hospitaal gehaas. (Foto: Yaoqi LAI)

Twee leerders van Nzulula Primary School, ʼn skool in die Oos-Kaap, is Dinsdag dood en vyf ander ernstig beseer toe ʼn brand wat hulle glo gestig het om ʼn slang te verjaag handuit geruk het.

Volgens Mali Mtima, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van onderwys, het leerders glo tydens pouse ʼn handontsmettingsmiddel op die gras uitgegooi en dit aan die brand gesteek in ’n poging om van die slang op die skoolterrein ontslae te raak.

“Sewe leerlinge het erg gebrand en is na ’n hospitaal gehaas. Twee van dié leerders het by die hospitaal aan hul wonde beswyk en ’n derde een is tans in ’n bedenklike toestand,” sê Mtima.

Die name en ouderdomme van die leerders is nie bekendgemaak nie.

Volgens Mtima het onderwysers aanvanklik van die slang bewus geraak toe leerlinge klippe na die reptiel gegooi het.

“Onderwysers het probeer ingryp en saam met die leerders klippe na die slang gegooi.

“In die proses is die leerders in die vlamme vasgevang en het hulle erg verbrand.

“Die departement het reeds traumaberaders na die skool ontbied. Ons sal ook self die skool en families van diegene wat in die voorval geraak is, besoek,” sê Mtima.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Maggies ·

Waarom moet mense net negatiewe boodskappe gee. Lees en sien dat hulle saam aan ‘n oplossing probeer werk het. Dis nie áltyd net klipgooi en brandstigting nie.

Realis Thailand ·

Wat n onnosele en dom oplossing
Geen mens kan so wreedaardig wees om n slang wat in sy natuur is aan die brand te wil steek nie.
Die onderwysers net so onnosel soos die kinders wie hulle moet opvoed

Rudolph ·

Kinders gooi ontsmettingsmiddel oor ‘n lewendige slang en steek hom of haar aan die brand. Wat sal kinders motiveer om ‘n onskuldige dier dood te maak? Word kinders gebore met ‘n disrespek vir diere? Die slim mense sê dat kinders se waardes word gevorm deur hulle ouers, die kerk, die skool en die media. My logika sê vir my ouers is die eerste invloed. Wat ouers in hulle monde sit en dit wat uit hulle monde uitgaan in woorde bepaal of die kind diere sal respekteer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.