Twee kinders sterf in gru-botsing

Foto: Verskaf.

Die polisie in Mphephu, wes van Thohoyandou in Limpopo, ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat vyf mense, onder wie ʼn drie- en ʼn vierjarige, Saterdag in ʼn motorongeluk dood is.

Volgens lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die ongeluk op die pad tussen Maangani en Tshutuni plaasgevind.

“ʼn Dubbelkajuitbakkie en ʼn kombi het in teenoorgestelde rigtings gereis en toe reg van voor gebots. Vyf mense is op slag dood en agt is ernstig beseer en na die Siloam-hospitaal geneem vir mediese behandeling,” het Ngoepe gesê.

Die oorledenes is Humbulani Manena (37), die bestuurder van die kombi; Mudzumbamo Tshidavhu (23), die bestuurder van die dubbelkajuitbakkie; Jearratha Mudau (22); Duncan Mudzwari (4) en Takalani Ndangula (3).

Ngoepe het gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie is besig met ʼn ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Juan ·

As al twee bestuurders dood is, wie gaan hulle aan kla vir strafbare manslag????

ivan ·

Daar moet n 2 jaarlikse roes inspeksie op ou voertuie gehou word..Daardie bakwerk is klaar geroes….wat sulke sterfstes veroorsaak..??

Michael ·

Ek stem saam Andre taxi ‘s het geen pad reels nie en hulle word beskerm deur die verkeers manne.

Frans ·

Taxi’s het hul eie reels ….maak soos hul wil,want die verkeers afdeling ondersteen hulle.
Dankie….

snoefie ·

oordeel oordeel oordeel. mensw weet julle hoe lyk limpopo se paaie? pleks van daardie gruwelike slaggate opvul, gebruik hulle eerder die teer om nog n spoedwal te gooi. kry iemand met savvy om padbou te bestuur.

Nita ·

Waar is die goeie ou dae toe daar n padkamp buite elke dorp was. Die hele land se paaie was pragtig in stand gehou. N begroting is toegestaan daarvoor en daarvoor aangewend. Nou verval alles. Geld verdwyn in bodemlose putte. O Here red ons asseblief van die skynheilige rowers.

Johann Marx ·

Sodra Suid Afrika se bestuurders begin agterkom waarvoor ‘n soliede wit lyn in die middel van die pad geverf is, en dit respekteer…………sal al die kop-aan-koppe op ‘n einde wees. In die “ou Suid Afrika” is jy beboet vir elke wiel wat oor ‘n soliede wit streep gegaan het…….in die “nuwe Suid Afrika” kon daai lyn net sowel nie bestaan het nie.

Maai wat jy saai ·

TAXIS luister nie hulle kom geen wette na nie, hulle oortree elke dag die wet. Daar is nie EEN dag wat ek in die verkeer ry wat een van hulle nie ‘n u draai op ‘n plek maak waar dit verbied word, oor ‘n rooi lig ry, in ‘n draaibaan reguit ry, voor mense indruk, dood stop voor mense of op die sypaadjie klim en daar ry nie. Die voertuie self is meeste van die tyd nie padwaardig nie. Dit is in ‘n verskriklike toestand, die ruite is gebreek en met plastiek toegeplak, hulle kan nie deur dit sien nie, die ligte is uitgestamp .. OORDEEL of nie oordeel nie .. JY OORTREE DIE WET as jy ‘n ONPADWAARDIGE voertuig bestuur en jy begaan ‘n kriminele oortreding as jy al die Verkeersreëls verbreek. Geen dissipline, geen reels, geen tronkstraf, ongelukkig haal dit jou een of ander tyd in.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.