Twee kinders sterf in trompop botsing

Die ongelukstoneel tussen tussen Albertinia en Riversdal. (Foto: Verskaf)

Twee kinders is dood nadat ’n bakkie en ’n motor vanoggend reg van voor op die N2 tussen Albertinia en Riversdal in die Wes-Kaap gebots het.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het gesê een van die motors se band het na bewering gebars waarna die motor teen die bakkie gebots het.

Die ouderdomme van die kinders is in die stadium nie bekend nie, het Africa gesê.

Die N2 was ná die voorval gesluit, maar is intussen weer oopgestel.

Nóg twee mense het vanoggend in twee afsonderlike motorongelukke elders in die provinsie omgekom.

Volgens Africa is die bestuurder (25) van ’n Kia omstreeks 03:20 in Athlone dood nadat dié motor teen ’n Toyota Avanza gebots het.

Dit word beweer die bestuurder van die Toyota Avanza het ’n rooi verkeerslig op die hoek van Jakes Gerwelrylaan en Klipfonteinweg in dié Kaapse voorstad verontagsaam en van voor teen die Kia gebots.

’n Passasier in die Kia is ook ernstig beseer in die voorval.

Die ongelukstoneel tussen Laingsburg en Dwyka. (Foto: Verskaf)

In ’n botsing op die N1 tussen Laingsburg en Dwyka is die bestuurder van ʼn Toyota Tazz dood toe die motor teen ’n vragmotor gebots het.

Dié ongeluk het omstreeks 07:20 plaasgevind. Een verkeersbaan is in die stadium gesluit.

Maroela Media het vroeër berig altesaam sewe mense het Saterdag in twee afsonderlike motorongelukke in die Oos-Kaap omgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Michael P ·

Kyk net na daardie voertuie Spoed Spoed mense moet op hou om te jaag jy sal daar uit kom al ry jy net n bietjie stadiger

Piet ·

Michael P, gaan doen bietjie navorsing dan sal jy sien as 2 voertuie elk 60km/h ry en het ñ kop aan kop botsing is die impak 120km/h en dit is hoekom voertuie so lyk na ñ ongeluk,
Gaan kyk video’s hoe lyk voertuie wat die n-cap toetse doen teen 50 of 60 km/h, moenie altyd spoed die skuld gee nie

chrisjan ·

Kom nou AARTO kom doen jou ding en stop alle “ongelukke” ASB!

corne ·

Aarto is nie die andwoord nie hoe gaan dit help mense gee nie om nie as hulle onverskildig wil ry sal hulle maak nie saak van boete of stelsel nie

Jan Alleman ·

Piet – gaan praat met jou fisika onderwyser oor die 2x lmpak storie.

jennefer ·

Vandag is die eind van die vakansie, dis ook maandeinde. Die dood is weer op die paaie.

Pieter ·

EK was self op di pad tussen albertinia en kaapstad sekere bestuurders verontagsaam dood eenvoudig padreels en kla gaan verby oor sperstrepe . Gaan trokke verby alhoewel hul in geelstrepe ry verby oor sperstrepe blindehoogtes ens verbied enige voertuig om in geelstreep te ry dit kan ongelukke veroorsaak

Trojaanse Donkie ·

Meestal taxis of 4×4’s en so nou en dan ‘n oorlaaide bakkie. Dis jammer dat bg.’s nie hulleself op die paaie kan sien ry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.