Twee kinders uit huis ontvoer

Die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na drie onbekende mans wat by ʼn huis naby Witbank ingebreek en twee kinders ontvoer het.

Kol. Mtsholi Bhembe, provinsiale polisiewoordvoerder van Mpumalanga, het gesê die voorval het Sondag in die vroeë oggendure by ʼn huis in Vosman plaasgevind waar ʼn 50-jarige vrou saam met haar kinders en kleinkinders woon.

“Volgens inligting wat aan die polisie beskikbaar is, het die drie toegang tot die huis verkry deur die sit-en-eetkamer se venster te breek. Die vrou en haar 18-jarige dogter het die geraas gehoor en gaan ondersoek instel, waarna ʼn vuurwapen op hulle gerig is. Hulle is dadelik beveel om stil te bly,” het Bhembe gesê.

Die verdagtes het toe twee kinders, ʼn 15-maande oue baba en ʼn 13-jarige albino meisie, uit verskillende kamers gegryp en in die donker op die vlug geslaan en verdwyn.

“Die twee vroue het hulp ontbied en lede van die gemeenskap het dadelik na die skurke begin soek terwyl die polisie ook ʼn volskaalse soektog na die kinders en verdagtes van stapel gestuur het.”

Niks is tydens die voorval geroof nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak en ontvoering.

Enigiemand met inligting oor waar die verdagtes en kinders hulle mag bevind, word versoek om kol. One Thobejane by 082 372 2195 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

Die meisie wat ontvoer is. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Willie ·

Jip en buitelnders glo ook Albino is muti…. Hoeveel water sal nie gespaar word as die klomp uitladers terug gaan huistoe nie…

Jammer ·

Ongelukkig het ek ook ‘n program hieroor gekyk en baie groepe in Afrika jag hierdie arme kinders mercilessly, soveel so dat die ouers moet gaan wegkruip met hulle in afgelee plekke. Kom ons hoop en bid sy is veilig . STERKTE aan die gesin!

annie ·

Hoe verskriklik moet dit nie vir die mense wees nie, daardie arme meisie is pragtig en geliefd. En wat gaan van hulle word, mag God hulle asseblief beskerm en genadig toevou in sy Hande.

Sue ·

Ohhh Liewe Vader, hoekom kinders??? Mag hulle net veilig gevind word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.