Twee kinders verdrink by Hermanus

Onrus, Hermanus

Onrus, Hermanus

Twee kinders het Woensdag by Onrus-strand in Hermanus in die Wes-Kaap verdrink.

Deon Langenhoven, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Hermanus, het gesê die span is omstreeks 14:50 na Onrus ontbied. Die provinsiale departement van gesondheid se paramedici, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en wetstoepassers het ook op die oproep reageer.

“Die voorval het by die strandmeer plaasgevind. Een van die omstanders het die liggaam van ʼn kind van onder die water uitgehaal,” het Langenhoven gesê. Die omstander, ʼn volwasse man, het in die strandmeer geswem toe hy op die liggaam van die kind afgekom het en dit na die kuslyn gebring het.

“ʼn Dokter, wat toevallig naby was, het tevergeefs KPR toegepas. Die kind is op die toneel dood verklaar.” Volgens Langenhoven is die negejarige ʼn plaaslike inwoner.

“Die polisie het ondersoek ingestel en bepaal dat vier seuns, almal tussen nege en 10 jaar oud, saam in die strandmeer geswem het. Die polisie het ʼn patrolliewa na die kinders se huise gestuur om te bevestig of al drie kinders by die huis aangekom het. Twee het huis toe gegaan, maar een van die kinders het egter nie by die huis aangekom nie,” het Langenhoven bygevoeg.

Die vermoede was dat dit kind moontlik ook onder die water verdwyn het. “NSRI se reddingswemmers het in dieselfde omgewing van die strandmeer gesoek waar die eerste kind se liggaam gevind is. Die tweede kind, ook ongeveer nege jaar oud, se liggaam is ook in die water gevind. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar.”

Die kinders se liggame is aan die forensiese patologiediens oorhandig en die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lee ·

Hoe laat ouers hulle 9 / 10 jarige kinders alleen gaan swem ?

E.K. (vra net) ·

Lee, jou kommentaar is ongevraagd en negatief. 9 en 10 is nie babas nie en ‘n strandmeer is oor die algemeen veilig met nie veel branders nie. Kinders is kinders en het sekerlik saam gaan speel en hulself misgis. Laat staan die “balme game” en dink liewer aan die ouers wat met die hartseer sit.

E.K. ·

Ai sterkte aan die amre familie. Dis nog so vroeg ind ie seisoen en kykne thoeveel verdrinkings was daar alreeds – grootmense en kinders! Bitter sleg om die kersfees nou so te moet vier. Ek bid hul sterkte, vrede en aanvaarding toe.

John ·

Sover ek weet, en kan verkeerd wees, is daar nie baie toesig by die Onrus-baai nie. Kinders baljaar in die bruin waterafloop vanaf die berge voor dit in die see uitmond. Die poele/meergebied wissel in grootte/diepte na gelang van die reenval in die opvangsgebied. Mens kan jou dus liederlik misgis met die diepte en die omgewing is ook verraderlik.

Liza ·

E.K. jy het seker nog nie ‘n kind aan die dood afgestaan nie ne, vra my ek het, en glo my ek pas my ander kind soos goud op……..mens kan vir niemand vertel van die leemte in jou hart nie. En ek stem saam met Lee wat se ouers laat hulle kinders alleen na die strandmeer toe gaan, my genade hulle is nog klein, lyk my jy verstaan nie tussen klein en groot nie, verseker is hulle nie groot nie, NERNS IS DIT VEILIG NIE…..Sterkte aan die ouers.

Lee ·

Dankie Liza. Dit is gevaarlik om kinders alleen na plekke te laat gaan. Buiten vir verdrinking, aanranding, molestering, kan hulle ontvoer word en wat gebeur dan met hulle ? Ek pas eerder my kind te goed op, as om later te vra : “Wat as …”.

E.K. ·

Liza, moenie aannames maak nie. Ek het WEL ‘n kind aan die dood afgestaan. Soos Linda hier onder noem, kinders bly kinders. Hulel vertel jou hul gaan na ‘n maatjie (9 en tien glad nie so klein) en dan gaan speel hul en eindig by so ‘n plek. Dit was plein en simpel ‘n ongeluk so asseblief, moenei vingers wys en vra waar is die ouers nie en nog minder aannames maak omtrent my as jy my nie ken nie!

Antie ·

2012 was ons ook by Onrus strand. So in die middel van die kom, is daar basies ‘n groot gat wat niemand kan sien nie. My seun van 11 en vriendin se dogter van 12 het daar in die moeilikheid beland. Jy kan loop in die water en die volgende oomblik was hulle altwee onder water en kon nie uitkom nie. My vriendin het gehardloop en na hulle gegaan en hulle gehelp. Ek het met 3jarige kleindogter op die strand gewag. Heel moontlik het dit met die seuns gebeur en ander vakansiegangers dink dit is maar ‘n speletjie wat die kinders speel terwyn daar geen vastigheid is onder hulle voete nie. Baie sterkte aan die ouers.

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Net so antie – dit kon met ENIGEEN gebeur het. Al was die ouers saam op die strand en selfs saam in die water, as daar soiets is soos wat jy beskryf kan dit maklik gebeur en met gillende spelende kinders en geraas van branders ens sou mens heel moontlik nie dadelik agterkom iemand is in nood nie. Kinders gil as hul speel in water en mens sou nie dadelik agterkom iets is verkeerd maar soos gewoonlik is hier altyd die vingerwysers! Hul was nie eers daar en weet nie eers presies wat gebeur het (‘n O N G E L U K!) maar verwyt somemr die ouers omdat hul dan nou die kinders alleen sou laat gaan speel!

Linda ·

Kinders bly kinders en sal op die ingewing van die oomblik besluit om te gaan swem sonder om ouers te vra. Dit is niemand se skuld nie. My hart bloei vir die ouers. Sterkte

Liza ·

E K ek het nie teenoor jou aannames gemaak soos jy se nie, en jy sal my nie oortuig nie en so ook nie die hele wereld nie, JY LOS NIE JOU KIND ALLEEN NIE, veral as hulle nog so klein is…..ja ek verstaan ongelukke gebeur en ja moenie vir my vertel 9 en 10 is al groot nie, asseblief duidelik verstaan jy nie die verskil tussen 9 en 10 en 19 en 20 nie…… ‘n mens maak jou kind reg groot om nie te jok nie, dalk is ek net geseend met my kinders ………en jammer om te hoor dat jy ook ‘n kind afgestaan het……..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.