Twee kinders verdrink in Oos-Kaap

strand_sand_golwe_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Twee kinders, onderskeidelik agt en nege jaar oud, het vandeesweek in twee afsonderlike voorvalle in die Oos-Kaap verdrink.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê die agtjarige seun het op Nuwejaarsdag saam met familielede by ʼn swembad by ʼn hotel net buite Grahamstown geswem toe hy in die moeilikheid beland het. Hy is na ʼn plaaslike hospitaal gehaas, waar medici tevergeefs probeer het om hom by te bring. Hy is by die hospitaal dood verklaar.

In ʼn tweede voorval het ʼn negejarige meisie Dinsdagmiddag by ʼn vakansieoord tussen Oos-Londen en Port Alfred verdrink. Volgens Govender het die meisie in die see geswem toe ʼn sterk seestroom haar dieper die see in meegesleur het.

ʼn Omstander het die kind te hulp gesnel en haar uit die water gebring. Sy is egter dood verklaar. Govender het gesê dit is nie in dié stadium duidelik wie die kind na die strand vergesel het nie.

Die polisie het geregtelike doodsondersoeke in albei gevalle begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.