Twee kinders verdrink in Vrystaatse dam

Argieffoto

Argieffoto

Twee 11-jarige kinders, ʼn seun en ʼn meisie, het oor die naweek in ʼn dam in die Vrystaat verdrink.

Sers. Thabo Litabe, polisiewoordvoerder, het gesê die kinders, Thomas Mbuyane en Puleng Agnes Motsoeneng van Meloding in Virginia, het Saterdag saam met ander kinders in die omgewing gespeel toe hulle besluit het om in ʼn dam, tussen ʼn ou myn en die Meloding-township, te gaan swem. Hulle het daar glo in die moeilikheid beland en verdrink.

Hul liggame is Sondag omstreeks 12:00 deur die Bloemfonteinse polisie-duikeenheid uit die water gehaal. Die polisie het twee geregtelike doodsondersoeke van stapel gestuur.

“Daar word verwag dat soortgelyke voorvalle gaan toeneem weens die huidige hittegolf, veral waar kinders sonder toesig gelaat word,” het Litabe gesê. “Ouers en voogde word gewaarsku om die nodige maatreëls te tref om die veiligheid van hul kinders te alle tye te verseker. Kinders moet ook aangeraai word om nie naby damme, waterstrome of riviere te speel nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Nog beter: “Kinders moet ten alle koste leer swem op ‘n baie vroeë ouderdom”.
‘n Kind is en bly ‘n kind en ek kan goed onthou hoe ons in waterkuile en plaasdamme geswem het as kannetjies. Ons is egter gewaarsku om NOOIT OOIT in te duik voordat daar eers vasgestel is of daar nie sandbanke, doringdrade ens. onder die water lê waarin jy kan vasduik en net daar en dan versuip soos my pa dit ons aan die verstand gebring het. Weereens, LEER JOU KIND OM TE SWEM OF TEN MINSTE TE KAN WATER TRAP.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.