Twee kitsbanke in Vrystaat opgeblaas

Argieffoto

Argieffoto

Twee kitsbanke is sedert Dinsdag in die Vrystaat opgeblaas, het die polisie gesê.

“ʼn Bende van 15 mense het Vrydag ʼn kitsbank in Welkom opgeblaas,” het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die mans, gewapen met outomatiese gewere, het om 03:28 by die Standard Bank-kitsbank in Bokstraat opgedaag in ʼn wit Mercedes-Benz en ʼn Toyota Yaris.”

Hulle het ʼn ploftoestel gebruik om die kitsbank op te blaas en die geld gesteel.

“Ongeveer 25 meter van die toneel waar die kitsbank opgeblaas is, is daar op ʼn silwer Toyota Corolla en ʼn swart en donkerrooi Toyota Venture geskiet, maar niemand is beseer nie. “Die voertuie is wel beskadig,” het Thakeng bygevoeg.

Die polisie het later vyf R5-doppies op die toneel opgetel.

Vier persone, ook gewapen met outomatiese gewere, het Dinsdag om 01:50 in ʼn wit Mercedes-Benz by ʼn vulstasie in Odendaalsrus opgedaag en die pompjoggies aangehou. “Hulle het ʼn onbekende bedrag geld gesteel. Die vier verdagtes het daarna na die kitsbank gestap, dit opgeblaas en ook dié geld gesteel.”

Die polisie is op soek na die verdagtes. “Inwoners word aangeraai om nie self die verdagtes te probeer aankeer nie, maar om eerder die naaste polisie in kennis te stel,” het Thakeng bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

boer ·

Natuurlik, die SAPS voorsien mos die terroriste met die kamtig “gesteelde” wapens wat elke jaar by hul duisende wegraak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.