Twee kla oor ‘huisroof’, word self vasgetrek vir perlemoen

Van die perlemoen waarop daar beslag gelê is. Foto: SAPD.

ʼn Man en ʼn vrou, albei in hul 30’s, is Vrydagoggend vroeg in hegtenis geneem vir die besit van perlemoen. Dít ná hulle die polisie self na hul huis ontbied het omdat hulle glo deur sewe mans vasgebind en beroof is.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes is in kennis gestel dat sewe mansverdagtes glo ʼn huisroof in Strubensweg in Mowbray uitgevoer het.

“Terwyl hulle aandag gegee het aan die klag het die beamptes agtergekom dié huis word as ʼn perlemoenverwerkingsaanleg gebruik en toe besluit om die perseel te deursoek.”

Daar is perlemoen met ʼn geraamde waarde van R10 miljoen in die huis aangetref tesame met toerusting.

Volgens Traut word die perlemoen uitgevoer.

Die verdagtes beweer hulle is vasgebind en deur sewe mans van perlemoen beroof.

Die verdagtes sal Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Papa G ·

Nee Alida. Glad nie. Ek hoop nie hulle kry kinders nie. Dit word nie beter in toekomende geslagte nie.

Harry ·

Ja o genade. Seker nuwe wettige groen twak ook gerook voor die oproep….????

Elna ·

???Ek wens al die misdadigers wil so fout maak wat onwettig handel dryf veral die dwelmbase dan sal die polisie se werk makliker wees????

humor ·

10 Miljoen se perlemoen. Daar is n groot slang in die gras. Hoe lank moet die stropingsproses wees om soveel te vergader. Dit moet tog in die openbare oog geskiet. Waarom word hulle nie op die daad langs die kus betrap nie. Daar is omkoopgeld in hierdie geplunder en mense wat nie hul werk doen nie.

Sê maar net ·

Oooh toggie, kan jy nou meer. Elke keer hoop ek dis die mense in ons area wat vasgetrek is. Hulle duik en ry perlemoen aan dat dit goed gaan. Ek het al by polisie gerapporteer. Niks gebeur nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.