Twee klagte laat vaar teen dokter wat glo aborsie afraai

Dr. Jacques de Vos (32).

ʼn Tugkomitee van die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) het beslis dat twee van die vier klagte teen dr. Jacques de Vos (32) laat vaar word.

De Vos, wat aangekla is van wangedrag nadat hy ʼn pasiënt glo geadviseer het dat haar ongebore baba ʼn mens is, was ʼn intern by 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad toe die hospitaal hom geskors het weens dié beweerde opmerking. Hy is sedert Julie 2017 gevolglik verbied om te praktiseer.

Die komitee het Woensdag beslis dat klagte 3 en 4 ter syde gestel word en dat die verhoor net op klagte 1 en 2 sal voortgaan.

“Dit beteken die enigste klagte waarop De Vos nou teregstaan, is dat hy ʼn vrou probeer oortuig het om nie ʼn dokter toestemming te gee om haar gesonde 19 weke oue baba dood te maak nie,” het die organisasie Doctors for Life International, wat De Vos in sy saak bystaan, gesê.

Die militêre hospitaal het intussen ook afgesien van sy vroeëre besluit om nie De Vos se internskapdokumente af te teken nie. Die hospitaal het die hangende tugsaak teen De Vos as ʼn rede hiervoor voorgehou.

De Vos se mediese loopbaan is nou al bykans twee jaar lank in die weegskaal. Sy verhoor is al telkemale uitgestel of herskeduleer, terwyl die aanklagte teen hom ook al verskeie kere aangepas is.

Sy regspan het vroeër onder meer aangevoer die vertragings maak die verhoor onbillik en dat die aanklagte teen hom onwettig is.

Die saak teen De Vos word Maandag in Kaapstad hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

DG ·

Ek hoop die vrou het toe die baba gehou, dan was sy opoffering nie verniet nie…. moontlik ‘n gesonde baba se lewe gered.

Karin ·

Stem 100% saam met dr. Jacques de Vos. Die ongebore “mensie” binne jou is nie ‘n gedierte nie. Nie ‘n klip nie en ook nie ‘n “wind” nie. Dis ‘n mens en hy het sy Christelike plig gedoen, want jy mag nie “doodmaak” nie (aborsie). Dis iets heeltemal anders as die kleintjie se hart nie klop nie. Finish en klaar !!! Ek regtig bid dat die Here sy Regter sal wees. Dis anyway vir my so belaglik….’n dokter is juis daar om raad te gee – mediese raad…..en swangerskap is ‘n mediese geval. Nee kyk….daai persoon wat dr. Jacques gaan aangee het, soek nou weer net vir aandag.

Frank ·

Aborsie is moord, teen God se opdrag en on-Christelik. De Vos word vervolg deurdat hy getrou aan die Woord is… Gaan ál meer gebeur. Skatte in die hemel vir de Vos.

Jakkie ·

Alles goed en wel, maar die SAW het nie sy internskap afgeteken nie en hy kon aldus vir twee jaar nie as medikus praktiseer nie – wie gaan nou sy verlore inkomste aan hom vergoed.

M ·

Dit is beslis moord! Ek staan 100% agter Dr. De Vos. Kan mense ni voorbehoeding bekostig ni of wat!

Eddie ·

Ek stem saam , hy moet inkomste vergoeding vanMilitêre Geneeskundige dienste eis !

Sunita ·

Ondersteun hierdie dokter 100%. Ek hoop en vertrou die sake sal almal ter syde gestel word. Wat n wonderlike dokter wat sy plig om lewens te red so ernstig op vat! Ander dokters kan by hom leer!

Adriaan Louw ·

Die staat moet liewer geld gebruik om die begrotingstekort aan te spreek. Die saak teen hierdie dokter het geen bestaansteg nie.

Jeremia ·

Ek ondersteun hierdie dokter en sy siening 100%. Voorts hoop ek hy weet dat daar baie mense is wat hom steun – óók op hierdie blad.
Twee jaar is ‘n baie lang tyd. Mag hierdie tyd dubbel en dwars aan hom vergoed word. Met baie-baie meer as bloot geld.
Alle voorspoed op die pad vorentoe!

Splitpin ·

1 Mil is n Staats hospital. So 1 Mil kan doen wat hulle wil en as hulle verkeerd is moet ek en jy daarvoor opdok. Ek het nie n probleem dat die goeie dokter van my geld kry nie maar dink hy moet die saak hefboom dat die klag ook aan die klaers se persoonlike sakke ruk. Anders gaan hulle net bly doen wat hulle wil want dit kos hulle niks.

Jana ·

Dit het alles met Christenskap te doen aangesien die God van die Bybel gesê het ons mag nie moord pleeg nie, en aangesien hierdie God juis die Een is wat ons geskep het en aanmekaar weef in die moederskoot.

Jana ·

Dit het alles met Christenskap te doen aangesien die God van die Bybel gesê het ons mag nie moord pleeg nie en ook aangesien Hy die Een is wat ons geskep het en aanmekaar weef in die moederskoot.

Willem Grobler ·

Hoe belaglik het dit geraak – ‘n dokter wat probeer om ‘n ongebore baba se lewe te red word aangekla!? Dit is waar hierdie sekulêre grondwet ons gekry het en ek voel heeltemal ontuis onder dié stelsel.

Albert ·

Sean jy is reg. Hier gaan dit mos oor ‘menseregte’????

Swarie ·

God het lewe aan die kind gegee , net die Here het die reg om te besluit oor lewe vd mensie wat niks verkeerd gedoen het nie. Die dr het absoluut regdenkend opgertree , wens ander wil ook die voorbeeld volg en die Here raadpleeg.

Gerhard ·

As n vroulike eiersel en manlike spermsel verbin en daar is groei is daar lewe want n dooie ding kannie groei nie so hoekom van dit ontslae raak onthou net jy sal eendag aan God moet verduidelik wat het jy met die kind gemaak wat Hy jou gegee het

jakes ·

Die belaglike klagte teen die dokter, impliseer maar weer net tot watter vlak morele standaarde in SA gedaal het. Aborsies in SA is so algemeen dat dit feitlik op elke hoek van n straat gepromofeer word. Dis n skande.

Dorotie ·

Wat ‘n skande. Ek laat sak my kop in skaamte vir hierdie onregverdigheid.

sheryah ·

Ek ondersteun dr de Vos ten volle en ek bid dat die Here vir hom 100-voudig sal teruggee wat hy in inkomste verloor het. Daar is min mense wat nog rugraat het om op te staan vir wat reg is.

Anoniem ·

Hoekom het sy in die eerste plek haar bene oopgemaak? Wou nie kind hê, net ‘n spyker!!!!!!

Lorette ·

Ai mense, my kinders al 13 jr getroud en smag na ‘n baba! Kind kan mos opgegee word vir aanneming indien die ouers nie die kind wil hê nie – so baie mense wat probleme het om swanger te word en ander wil hulle net aborteer. So vreeslik hartseer! Klinieke verskaf na my wete voorbehoedmiddels.

Luzanne ·

Om te aboteer is n groot sonde in die oë van die Here. Dr, De Vos het vlg sy geloof opgetree en dit is awesome. Die Here gaan sy pad vir hom gelyk maak en laat gereg geskied.

Pieter ·

Christenskap Word nou baie hier op gebring maar steeds Oordeel mense wat volgens die Bybel vekeerd is so maak daarmee wat julle wil. Haar liggaam haar keuse julle ken nie die Omstandighede nie. Dalk was dit ryp of molestering. Drs mag nie hulle geloof in ń saak in bring nie daar is wette wat teen dit beskerm.

jolene ·

Aborsie is moord ek staan ook agter Dr Vos, Daar is n opsie om aan te neem daar is baie mense wat smag na kinders, tweedens voorbehoed pille is regoor Suid Afrika beskikbaar en by klinieke is dit ook gratis, dan as die omstandighede anders is of was, is daar so n ding soos n morning after pill wat n mens kan kry by die Apteek wat jy omtrent ek dink binne 48 uur moet drink sodat swangerskap nie plaas vind nie. Nee aborsie is nie n opsie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.