Twee kleuters sterf in brand by dagsorgsentrum

Argieffoto

Argieffoto

Twee kleuters is Maandag dood in ʼn brand by ʼn gebou in Hillbrow, Johannesburg.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn gedeelte van die gebou in Kochstraat is glo as dagsorgsentrum vir klein kinders gebruik. Rossouw het gesê die brand het omstreeks 16:00 ontstaan.

Volgens Rossouw was daar vyf kinders onder die ouderdom van vyf jaar in die gebou toe dit aan die brand geslaan het. Twee kinders was in die gebou vasgekeer en het doodgebrand. Die oorledenes was albei twee jaar oud.

Rossouw het gesê paramedici het ʼn eenjarige kind en ʼn bejaarde persoon op die toneel behandel voordat hulle na die Hillbrow-hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paplepel ·

Geboue slaan nie net sommer aan die brand nie. Erens was daar weer geen instandhouding gedoen nie of ‘n ander flagrante flater wat die brand veroorsaak het. Hier moet ‘n indiepte ondersoek gedoen word. Die kinders se ouers moet die heeltyd oor die Polisie se skouer loer totdat die skuldiges aan die pen gery is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.