Twee kleuters sterf in warm motor

Argieffoto

Argieffoto

Twee kleuters van Durban is Dinsdag dood toe hulle nie uit ʼn ongebruikte motor waarin hulle gespeel het, kon uitkom nie.

Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, het gesê die seuntjie en dogtertjie het saam met twee ander kleuters in die ongebruikte motor in Clermont gespeel toe hulle daarin vasgekeer geraak het.

Volgens McKenzie is dit nog nie duidelik wat gebeur het dat die vier kinders nie uit die motor kon kom nie. Die temperatuur in Durban was Dinsdag meer as 31 °C. McKenzie wou nie bespiegel oor die oorsaak van die twee kinders se dood nie, maar dit is waarskynlik dat hulle of ontwater of versmoor het, aangesien die motor se vensters toe was.

“Daar word beweer dat inwoners die kinders in die motor gesien het en hulle uit die warm voertuig gehaal en met hulle na die plaaslike gesondheidsentrum gejaag het,” het hy gesê. “Paramedici is ontbied, maar daar kon niks vir twee van die kleuters gedoen word nie. Die ander twee is na ʼn provinsiale hospitaal gehaas.”

McKenzie het gesê hy is nie seker of die kinders verwant is nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

charlene ·

Dis tragies dat die arme kindertjies so moes omkom maar jammer ek vra maar waar was die ouers van die kindertjies. ek is self `n ma van `n kleuter en weet dat vat hulle minder 5 min om plek te vind en poef aan te jaag. As my kleuter vir 5 min stil is gaan soek ek haar in ons nie so groot erf nie net om te weet sy is ok en veilig (ek kan 5 min wag want daar is nie `n ongebruikte motor, gif of `n swembad by ons nie). Maar nogdans stekte aan die ouers en as hulle in die sorg van iemand anders was terwyl die ouers moes werk hoop ek regtig daar word stappe geneem om te voorkom dat so iets weer gebeur.

humor ·

Charlene wees maar baie versigtig om te oordeel. Met die heel beste toesig gebeur daar self die onvoorsiene.

Dee ·

Versigtig Charlene – nou is ‘n tyd waarin moeders so soedig moontlik na kraam weer begin werk om inkomstes aan te vul. Dan moet kindertjies toevertrou word aan vertroude toesig wat nie altyd so betroubaar is en wat ook foute kan maak. Wanneer omstandighede nie geken word is dit roekeloos om bloot te veronderstel.

Hartseer ·

Hartseer hartseer is al wat mens kan uitkry. Sterkte aan die ouers. 99% speel kinders sonder voorval ure lank, die tipe goed gebeur en dit maak dit nie reg of minder hartseer. Dit beteken egter nie iemand het dit uit nalatigheid of met opset gedoen nie! Verder ‘n warm toe motor is slegs ‘n kort rukkie nodig vir so tragiese hartseer! Charlene, dit is goed om jou kids te monitor, maar op ‘n afstand(op ‘n afstand kon die tragedie ook gebeur het), kinders moet ontdek en speel, as mens hul elke 5 minute pla belemmer dit hul vernuf en dit gee hul ook nooit kans om dinge op hul eie te ontdek en deur te werk nie. In hierdie mededingde lewe is dit nogal baie nodig!

Jacoba ·

Volwasse Konstante onverdeelde nugtere toesig dis hoe mens onnodige ongelukke voorkom.

charmaine ·

My vraag is ook waar was die ouers? ou wrakke is nie n speel plek nie, en enige ouer moet dit weet. Dit is nie die eerste keer dat kinders in nouwrak sterf nie.

charmaine ·

Ek stem saam met Charlene, waar is die ouers of volwassens wat na hierdie kinders moet omsien. Nou is daar weer soortgelyke berig van 5 kinders in n vrieskas. Punt bly staan by sekere huishoudings word kinders nie na gekyk of omgesien nie.

Liewe heksie ·

So jammer vir al die lewetjies wat so kortgeknip is Die 5 in die vrieskas ok Ek gooi nie klippe nie en ja ongelukke gebeur en 5min kan Dalk te lank weeks on seker the maak waar is jou kinders Ek try my bes as ouma en roep OK heeltyd my kleinkind as sy nie dadelik antwoord nie staan op en gil op haar sê maar net en vrieskaste en ongebruikte motorwrakke hoort nie in jou werf met Klein kindertjies nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.