Twee KPMG-vennote bedank ná VBS Mutual Bank-kwessie

Foto: ANA

KPMG Suid-Afrika het Saterdag aangekondig dat twee van sy vennote met onmiddellike effek bedank het toe dissiplinêre aanklagte teen hulle aanhangig gemaak is.

Sipho Malaba en Dumi Tshuma het Vrydag hul bedankings ingedien en die maatskappy het dit aanvaar, het KPMG in ʼn verklaring gesê.

“Albei sake hou verband met VBS Mutual Bank en sluit in, maar is nie beperk nie tot, die vennote se versuim om te voldoen aan die maatskappy se beleide en prosedures wat betref die bekendmaking van betrokke finansiële belange,” lui die verklaring.

Toe VBS Mutual Bank onlangs onder kuratorskap geplaas is, het inligting oor hierdie vennote aan die lig gekom en KPMG het ʼn onafhanklike ondersoek van stapel gestuur, wat deur die regsfirma Bowmans hanteer is. Die ondersoek duur voort en verdere stappe sal gedoen word.

“Dis ʼn baie teleurstellende episode vir KPMG. Geen gedrag kan egter geduld word wat ons reputasie skade berokken nie en ons het beslissend opgetree om die situasie te hanteer,” het Nhlamulo Dlomu, uitvoerende hoof van KPMG Suid-Afrika, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elize Geldenhuys ·

Wil graag weet of hierdie persone nou deur hulle bedankings gevrywaar word van vervolging? Die vinnige bedankings is immers ‘n erkenning van skuld.

Anton ·

Direkte gevolg van hul indiensnemings strategie. Vat vir julle. Die mense wat die werk reg en eerlik kan en wil doen moet mos oorsee gaan werk soek.

Carl ·

Elize, ek is nie `n regsgeleerde nie maar soos ek dit verstaan, dink ek jy maak die verkeerde afleiding aangaande “die vinnige bedanking en `n erkenning van skuld” en itv die Strafproses wet en Art 204 is dit nie in KPMG se magte om `n vrywaring te gee nie.
Sonder om vir hulle op te kom, dink ek egter KMPG was nog altyd `n uitstekende Oudit maatskappy wat dalk nou deur `n slegte tyd gaan agv individue in hulle midde maar in baie ander lande het van die ander groot Oudit maatskappye ook al klei getrap en spykers opgetel. Dit is nie uniek aan SA nie.

zoom zoom ·

Hoekom sal iemamd uit sy eie so vinnig bedank as hy onskuldig is. Dalk ‘n job by VBS gekry om Eskom se belegging by VBS te bestuur

Eish ·

Agergrondsondersoeke asook psigometriese toetse behoort in n groot mate te verhoed dat persone van twyfelagtige karakter aangestel word. Die staatdiens is n sprekende voorbeeld van die gevolge van klakkelose kaderontplooing. Eintlik is alles waar die meerderheidsregering die bestuursfunsksie beheer, n voorbeeld van wie om nie aan te stel nie.

Hanna ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid. En siedaar! Viva regstellende aksie, viva!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.