Twee persone is Saterdagaand kritiek beseer nadat ʼn motorfiets ʼn taxi omstreeks 20:00 in Britsweg, Akasia in Pretoria, getref het.
“Twee persone het in die pad gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Hulle het kritieke beserings opgedoen.”
Een van die pasiënte is met ʼn Netcare-helikopter na ʼn hospitaal geneem en die tweede persoon is met ʼn ambulans na ʼn gespesialiseerde fasiliteit geneem onder bewaking van paramedici.
Die polisie stel ondersoek in na die oorsaak van die ongeluk.
Se my asseblief hoe laai mens ‘n app af?
Ek probeer nie snaaks wees nie, maar my raad aan Johanna wat wil weet hoe laai sy ‘n app af: Vra jou voorskoolse kind want die goedjies weet alles van selfone en rekenaars.