Twee kritiek, kinders beseer in Krugersdorp-botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mans is kritiek en twee kinders beseer nadat twee bakkies Woensdagmiddag op die R24 in Krugersdorp gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van verskillende ambulansdienste het by die toneel net buite die Krugersdorp-natuurreservaat opgedaag en die wrakstukke van die bakkies langs die pad sien staan.

“Albei bestuurders was in hul onderskeie voertuie vasgepen en in ʼn kritieke toestand,” het Meiring gesê. Agter in een van die bakkies was ʼn sewejarige seun en negejarige meisie wat gelukkig net matige beserings opgedoen het.

“Reddingsdienste moes meganiese toerusting gebruik om die mans uit die wrakke los te sny, waarna hulle op die toneel gestabiliseer is. Een van die mans is per helikopter na ʼn privaat hospitaal vervoer, terwyl die ander bestuurder per ambulans na die Krugersdorp-hospitaal geneem is,” het Meiring gesê.

Die botsing sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarie ·

Wanneer ek die motorwrakke sien, kan ek nie anders as om te dink dat die voertuie, mekaar teen ‘n bàie hoë snelheid moes getref het nie!!! Ek het al dikwels gewonder of dinge nie baie anders sou verloop het, as die mense net ‘n bietjie stadiger gery het nie….

DPJ ·

Een van die bestuurders het nie by die padreëls gehou nie. Hoe tragies.

arie plaasboer ·

@ DPJ,
Baie akkuraat gestel. Oortreding van die padreels is vir die botsings verantwoordelik – nie spoed nie. Spoed maak die GEVOLGE van die botsing net grusamer.

Chris H ·

Dit is baie duidelik dat die voertuie reg van voor gebots het en as ek na die fotos kyk lyk dit of die wit bakkie in die aankomende baan was.
Sarie- hoe dink jy gaan voertuie lyk as hul reg van voor bots as altwee voertuie 60km per uur ry?… Presies soos die twee bakkies lyk.

Martha ·

Vanaf Calvinia tot Brandvlei en Kenhardt is daar net op die drie dorpies selfoonopvangs. Ek praat nou van Vodacom en tussenin is daar geen, maar geen sein nie. Daar was ‘n ongeluk op Maandag 28 Desember, verlede jaar, tussen Kenhardt en Brandvlei en moes die mense na Kenhardt ry om die ongeluk aan te meld en die nooddienste uit te roep. Ons was ‘n ruk na die ongeluk verby die toneel en met ons ingaan by Kenhardt het die Polisie eers uitgery. Die ambulans was nog later eers oppad. Ek praat van omtrent 80 tot 100km buite Kenhardt.

Cornelia van Aarde ·

Die bestuurder van die wit bakkie is my skoonsuster se seun. Hy is steeds in ‘n koma en baie kritiek. Altwee sy bene, sy kniee en sy heupe is gebreek, sy arm en pelvis ook gebreek, en sy longe albei gepunsher, sy niere het ook bloeding. Hy is tans in teater en ons bid hard vir hom. Soos wat ons verstaan en die ondersoek beamtes ons laat weet het. Het Kyle ‘n bars band gekry en toe beheer verloor oor die bakkie.

Leoni ·

Dis my seun wat in di bakkie was dit was blote ongeluk sy band het gebars en toe verloor hy beheer teen aankomende verkeer. Hy uiters kritiek en veg vi sy lewe. Ons innige meegevoel met di familie lede van di insittendes van di ander voertuig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.