Twee kritiek ná brand by gebou

Argieffoto

Argieffoto

Twee mense is in ʼn kritieke toestand na ʼn Johannesburgse hospitaal geneem nadat hulle vasgekeer was in ʼn brandende gebou in die stad.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die brand het omstreeks 06:00 by ʼn gebou in Breestraat in die middestad ontstaan.

“Paramedici en die Johannesburgse brandweer is na die gebou ontbied waar twee mense met erge brandwonde aangetref is,” het Vermaak gesê.

Albei mense is in ʼn kritieke toestand na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem vir behandeling.

Die oorsaak van die brand is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.