Twee kritiek ná bromponies bots

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat twee bromponies Maandag in die vroeë oggendure in Benoni aan die Oos-Rand gebots het.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het in O’Rieley Merryweg plaasgevind.

“Paramedici het ʼn man, in sy 30s, en ʼn vrou, in haar 20s, met kritieke beserings in die pad naby die wrakke van bromponies aangetref,” het Meiring gesê.

Die man en vrou is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.