Twee kritiek ná bye hulle takel

Paramedici op die toneel waar ses mense Donderdag deur ‘n swerm bye getakel is. (Foto: Verskaf)

Twee mense is in ʼn bedenklike toestand en vier ander ontvang ook hospitaalbehandeling nadat hulle Donderdagoggend deur ʼn swerm bye aan die KwaZulu-Natalse kus getakel is.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê werkers het gras by ’n huis op Ballito gesny toe hulle vermoedelik die bye in hul korf versteur het.

Herbst sê paramedici is inderhaas na die huis waar hulle die twee mans in ’n kritieke toestand aangetref het. Die twee is op die toneel gestabiliseer voordat hulle saam met die ander vier werkers na ’n hospitaal geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Julius

‘n Grassnyer en bye is nie maaitjies nie.

Frank John

Ek het my bye laat verwyder want my Grasperk is groot en ek moet sny. Bysterk nie lekker nie.

Pieter J

Hoekom word bye nog steeds in woongebiede toegelaat?