Twee kritiek na Centurion-kaping

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mans is Donderdagoggend kritiek beseer in ʼn kaping op die R55 in Sunderland, Centurion.

Kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn afleweringsvoertuig, wat sigarette vervoer het, is deur ʼn onbekende aantal verdagtes gekaap. “ʼn Bakkie met twee veiligheidswagte in het agter die afleweringsvoertuig gery, toe hulle deur drie ander motors vasgekeer is.”

Volgens Huma het die insittendes van ʼn Audi A4, VW Polo Classic en ʼn BMW op die veiligheidswagte losgebrand voor hulle die afleweringsvoertuig gekaap het. Huma het gesê al die motors was wit van kleur.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het kort na 10:00 op die toneel aangekom en een van die veiligheidswagte gevind met ʼn skietwond aan sy kop, terwyl die ander een verskeie kere in die lyf geskiet is.

“Albei mans was in ʼn kritieke toestand en is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is vir verdere mediese sorg.”

Volgens Huma is die polisie op soek na die bestuurder van die afleweringsvoertuig. “Dit is nie duidelik of hy saam met die voertuig gekaap is of van die toneel gevlug het nie.” Die polisie ondersoek sake van gewapende roof en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Sus ·

Sterkte aan die gewondes. Maar ek wil net byvoeg. Wit van kleur? Since when word dit genoem? Hulle sal mos nooit se swart van kleur nie? En die is nie oor kleur nie, maar oor joernalistieke reels. Wat mag nou en wat mag nie?

Sanet ·

En so word daar pertinent genoem dat hulle “almal wit van kleur” is. As hulle nou nie wit was nie, sou die velkleur nie eers gemeld geword het nie. Dis nou onnodig hoor!

Paula ·

Nerens praat hulle van velkleur nie maar van die 3 voertuie wat wit is.

Gerhardt ·

Is dit nie dalk die voertuie wat almal wit was nie? Vra maar net……

Seepbox ·

lekker lag ek nou….mens moet dalk maar die artikeltjie mooi lees voor jy kommentaar lewer :)

peanut ·

Ek vermoed daar word na die kleur van die voertuie verwys.

Elsabe ·

Ja nee Peanut ek hoop ook so. andersins as daar ‘n kaping plaasvind word daar nie van kleur gepraaT nie. “MAAR JA WIT”

Karma ·

@Teliza, Paula, Gerhardt, Peanut & Elsabe (hierbo) – die sin kan maklik verkeerd gelees word a.g.v. dubbelsinnigheid. “Volgens Huma het die insittendes van ‘n Audi A4, VW Polo Classic en ‘n BMW, almal wit van kelur, op die veiligheidswagte losgebrand …. DIe “wit van kleur” kan hier verwys na die kleur van die insittendes van die voertuie of die voertuie self. Maroela, maak tog reg daar!

Louise ·

WIT almal WIT.
Maroela die nuue raak nou regtig Rasisties.
word WIT nou geteiken.
Nee man …..

Adri ·

Dis die Audi, Polo en BMW wat wit is….. en ja jy is dood reg dis dan seker swart dis hkm dit nie genoem word nie…….

tamboti ·

Ja Sanet, ‘n mens kan die sin maklik verkeerd vertolk, daarom gebruik ek die – in plek van kommas. So goed soos ( )

Kaspaas ·

Baie dubbelsinnig, sekerlik verwys hulle na die kleur van die voertuie maar die sin lees van die insittendes en dan die voertuie en kleur so maklik om aan te neem hulle praat van rowers. Selfde met die “stickers” wat op ANC plakate geplak word, in die media word pertinent genoem “wit plakkers” wat maak dit saak.

Landi Slatter ·

Dagsê lesers

Dankie vir julle terugvoer. Ons het die sin gewysig om dubbelsinnigheid uit te skakel. Die motors was inderdaad wit.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Santjie Stoof ·

Oppas vir derms ryg!!!
Haal asem en ontspan die boude, dit was wit voertuie…
Dié keer is ons “off the hook”

Pedant ·

Semanties korrek geinterpreteer verwys die beskrywing “wit van kleur” na die insittendes van die voertuie. As dít nie die bedoeling was nie, behoort die berig gekorrigeer te word om die korrekte bedoeling te weerspieël.

Freud ·

Dankie Pedant!
Dit het vir my nie gegaan oor die kleur per se nie maar wel oordie grammatika.
Maar dit is verander.
Sela

Paplepel ·

‘n Hele 12 kommentare oor WIT. Jy moet regtig ‘n probleem hê as jy dink alles gaan altyd maar net oor velkleur. Die voertuie was wit. (Sien meegande foto.) As daar na die mense verwys word sou dit “BLANKES” gelees het. Kom ons bid eerder dat die slagoffers dit maak. Hulle veg waarskynlik vir hulle lewens terwyl die kommentators derms uitryg. (Dankie Santjie!)

Hasie ·

Maroela, julle het regtig die berig baie duidelik gestel, ek haal aan. Huma het gesê al die motors is wit van kleur. Tog baie duidelik. Dit sê ook vir my dat daar nie parlementslede betrokke was nie, want hulle motors is swart.

Elize C ·

Kom ek lê ook nou maar my eiertjie oor taalgebruik :-) …. Ek het nie die oorspronklike berig gelees nie, maar indien dit wel presies geskryf was soos Karma dit noem, dan is dit vanselfsprekend die kleur verwys na dit wat net voor dit genoem is, nl die voertuie. Die woord “insittendes” was dan al reeds nog voor die voertuie genoem, en indien die kleur dus met verwysing na die insittendes was, sou dit reeds hier genoem geword het, nie eers nadat daar van die voertuie gepraat word nie…..

Milan ·

Wonder of Hlaudi gaan toelaat om dit vanaand op die nuus te laat uitsaai?

johann cb ·

Ai tog mense, lewer kommentaar oor die berig en nie die motors se kleur nie. Ons behoort almal te weet waar leestekens verkeerd aangewend is – per ongeluk! Sug!

Uiltjie ·

Lees reg ouens, daar is geen dubbelsinnigheid, die ou jou verwys spesifiek na die motors! Moenie met die wit van julle oe lees nie. Baie van die ouens se kommentaar is heeltemal misplaas en verdraaid! Simpatie met die beseerdes.

Eiertjie ·

Ja nee want as mens rassisme in jou hart het sal jy dit in alles raaksien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.