Twee kritiek ná gru-ongeluk op N1

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Twee mans is ernstig beseer nadat hul motor Donderdagoggend op die N1 van agter teen ʼn swaarvoertuig gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 09:00 op die N1-hoofweg naby die Zambesi-afrit in Pretoria plaasgevind.

“Toe paramedici op die toneel opdaag, was die twee insittendes van ʼn Land Rover Discovery 4 in die wrak van die motor vasgekeer,” het hy gesê. “Brandweermanne moes meganiese toerusting gebruik om die wrak oop te sny, terwyl paramedici vinnig gewerk het om die insittendes te stabiliseer.”

Dit het 45 minute gevat om die mans uit die wrak te bevry, waarna een pasiënt per helikopter en die ander per ambulans na ʼn hospitaal geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en sal deel vorm van die polisieondersoek. Verkeer is erg ontwrig weens die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willie Paterson ·

Noem asseblief waar (dorp,stad of provinsie) in berigte.

Sune van Heerden ·

Dagsê Willie

Ons vra om verskoning dat ons nie in hierdie geval “Pretoria” by “Zambesiweg-afrit” bygevoeg het nie.
Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Landie ·

N1 Zambesi-afrit is in Pretoria. Hoog tyd dat trokke van ons paaie afgehaal word. Ry net bietjie Kaap toe of Noorde toe en kyk hoeveel trokke is daar. Geen normale mens is veilig met die goed op die pad nie. En dan breek hulle ook nog enige plek, en staan in die middel van die pad. Of het nie eers genoegsame ligte nie!!!

colette ·

Hmm as daar nie trokke is nie hoe gaan jy kos koop. Ja van die drywers is nalatig maar so ook motoriste. Trokke het langer afstand nodig om te stop.

Adel ·

Weet iemand of dit n Kaap se reg no is.. My niggie Linda se pa was hier, om haar op te tel van Switzerland af.

Andries ·

Ons het verby dit gery net na dit gebeur het. Ek is regtig bly hulle het oorleef, gedink hulle is dood.

Adel ·

Andries asb se vir my, was dit 2 blanke mans in hulle 50. Asb Ekt nog niks van my Oom gehoor nie.

ig ·

Landie, as al die vragmotors van die paaie afgehaal word gaan jou en my lewe tot stilstand kom.Die Groot problem is ongeduld en spoed van motoriste.

simone ·

My man is daar verby pas na dit gebeur het. Die 2 mans was nog vasgekeer in die wrak. Kon spoed n rol gespeel het hier?

Peet Schabort ·

By citizen.co.za is daar verdere belangrike inligting oor die ongeluk. Skynbaar is ‘spoeg-en-plak’ nie meer moontlik om dit makliker te maak as ‘n verwysing.

Jan Lategan ·

Almal is altyd so behep met spoed, spoed, spoed. Kyk in watter baan staan daai trok-heel regs……wat soek hy daar, dis ‘n abnormale voertuig wat nie vinniger as 80km/h mag ry nie, dan hoort hy mos in die heel linker baan……..en hierdie verskynsel is alledaags op al die hoofwee rondom Gauteng, selfs in die areas waar daar 5 en 6 bane is, kry jy hulle heel regs. En in baie gevalle is die oorhoofse borde duidelik dat voertuie swaarder as 4ton in die regterkanste 2 bane verbode is. Dis vanselfsprekend dat motoriste ongeduldig gaan raak. Dis tyd dat verkeerspolisie “vinnige bane” begin polisieer vir kruipende motoriste en trokke wat hierdie tipe ongelukke veroorsaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.