Twee kritiek ná skool onder bye deurloop

Argieffoto (Foto: PollyDot, Pixabay)

Argieffoto (Foto: PollyDot, Pixabay)

Minstens 20 mense, insluitend talle kinders, is na ʼn hospitaal geneem nadat hulle deur ʼn swerm bye aangeval is by ʼn skool in Vereeniging.

Chitra Bodasing Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die skool in Van Riebeeckstraat ontbied. “Werkers by die skool het gras gesny en toe vermoedelik in die proses op ʼn byenes afgekom.”

Volgens Bodasing Harduth is personeel sowel as kinders deur die bye gesteek. “Minstens 20 pasiënte is behandel en na ʼn hospitaal vervoer. Minstens twee mense is steeds in ʼn kritieke toestand.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Buitestander ·

Het niemand die by swarem raak gesien nie?
Dit klink nie na ‘n bye korf wat daar staan gemaak is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.