Twee kritiek ná transitorooftog

Die toneel waar die transitorooftog plaasgevind het. Foto: Twitter via @SeomeNtsoane

Twee mans is in ʼn kritieke toestand nadat hulle Maandagoggend tydens ʼn transitorooftog in die Johannesburgse sakesentrum geskiet is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 11:25 na die toneel in Marshalltown ontbied. Die polisie was reeds op die toneel. Volgens Meiring het twee veiligheidswagte naby die transitovoertuig gelê. Albei was in ʼn kritieke toestand.

Meiring het gesê die mans is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê hy probeer nog al die feite rondom die voorval vasstel en sal later ʼn verklaring hieroor uitreik.

Die transitorooftog volg ná ʼn transitorooftog Saterdag op die R24 aan die Oos-Rand waartydens ʼn transitovoertuig ten aanskoue van talle motoriste opgeblaas is. In ʼn soortgelyke voorval is ʼn veiligheidswag Saterdag tydens ʼn transitorooftog in Athlone, Kaapstad, doodgeskiet.

In Mokopane in Limpopo het die polisie Saterdagoggend ʼn beplande transitorooftog gestuit nadat hulle ʼn wenk van die publiek ontvang het. Die polisie het die verdagtes se voertuig op ʼn pad buite Mokopane voorgekeer en ʼn skietgeveg het ontstaan. Twee verdagtes is doodgeskiet en een is ernstig gewond. Twee ander verdagtes was ongedeerd en is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Freud ·

Ek verwonder my altyd aan die “haas” waarmee hulle die rowers hospitaal toe neem…. persoonlik sou ek my tyd geneem het. Sorry maar dit is hoe ek voel oor al die rowers en diewe en moordenaars.

Essie ·

Dit was die wagte wat na hospitaal gehaas is, nie die skelms nie!

Freud ·

Ek gaan my nou beslis nie dood skaam omdat ek verkeerd gelees het in die geval nie. In vele ander berigte word die aanvallers wat gewond is na die hospitaal gehaas. Sela!

w ·

Transito rooftog van Sat by Mokopane mos n wenk van publiek. Hoop dai persoon of persone word vergoed soma mildelik

Johann ·

Dis asof al wat n skelm barbaar in die land dink dis NOU die tyd om mal te gaan! Met NYMBA WHONE en sy Zumaikies as voorbeeld. Vat vat vat vat vat vat…sonder gewete…sonder verandwoording. Cry my beloved Country…

AL ·

Ek bid dat die veiligheidswagte sal herstel! Ons land het in boosheid verval, nog erger na Numba 1 oorgeneem het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.