Twee kry lewenslank vir Philipstown-plaasmoord

Pieter Willemse. Foto: SAPD / Facebook

Pieter Willemse. Foto: SAPD / Facebook

Twee mans is Woensdag in die hooggeregshof in Kimberley in die Noord-Kaap tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord vyf jaar gelede op Jacobus Wartington (74) op ʼn afgeleë plaas naby Philipstown.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê die aanvallers, Pieter Willemse (34) en Boetise Mathombeni (54), is ʼn bykomende 10 jaar tronkstraf opgelê vir poging tot moord op Wartington se vrou, Ansie (nou 76). Willemse is tydens die aanval op 4 September 2010 met ʼn tuinvurk gesteek en is op die toneel dood. Ansie is erg aangerand en is ook in albei haar oë met ʼn skerp voorwerp gesteek. Die aanvallers het geweet hulle bly alleen op die plaas.

Boetise Mathombeni. Foto: SAPD / Facebook

Boetise Mathombeni. Foto: SAPD / Facebook

Regter Wendy Madondo het onder meer gesê die aanval op die egpaar was wreed en sinneloos, en dat Ansie blind kon gewees het.

Genl.maj. Maropeng Johanna Mamotheti, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het gesê die polisie sal geen steen onaangeroer laat in die stryd teen misdaad op vroue, kinders en bejaardes nie. Sy het die ondersoekbeamptes in die saak geloof vir hul toewyding om te verseker dat geregtigheid geskied en die skuldiges kry wat hulle toekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

anet ·

Regter Wendy Madondo BAIE BAIE DANKIE, laat geregtigheid geskied

LADYBUG ·

Min regters laat geregtigheid geskied! Maar eintlik moet dié 2 hang vir hul dade! Bring terug die Doodstraf!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.