Twee KZN-stappers veilig gevind

 

Dr. Corne van Rensburg van Amanzimtoti en pastoor Willie Henning van Port Edward, albei 66 jaar oud is veilig gevind nadat hulle in die Umtamvuna-natuurreservaat verdwaal het (Foto: NSRI)

Dr. Corne van Rensburg van Amanzimtoti en pastoor Willie Henning van Port Edward, albei 66 jaar oud is veilig gevind nadat hulle in die Umtamvuna-natuurreservaat verdwaal het (Foto: NSRI)

Twee stappers wat oor die naweek tydens slegte weer in die Umtamvuna-natuurreservaat naby Port Edward in KwaZulu-Natal verdwaal het, is veilig gevind.

Dr. Corne van Rensburg van Amanzimtoti en pastoor Willie Henning van Port Edward, albei 66 jaar oud, is laat Sondagmiddag veilig gevind, het John Nicholas, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Port Edward, gesê.

Maroela Media het vroeër berig ʼn omvattende soektog is van stapel gestuur toe die twee mans nie Saterdag omstreeks 16:00 teruggekeer het van hul staptog op een van die “Long Walk”-roetes nie. Die soektog het deurnag voortgeduur en is Sondagoggend hervat.

“Ons het tevergeefs na die mans bly soek in die swaar reën en digte mis, ondanks die feit dat ons vinnig Sondagoggend met hulle kon praat om te bevestig hulle is veilig, voor hulle selfone se batterye pap geword het,” het Nicholas verduidelik.

“Deur die loop van die middag het die weer vir ongeveer ʼn halfuur gelig en ʼn plaaslike vlieënier, Dean Riley, het sy helikopter vrywillig beskikbaar gemaak om aan die soektog deel te neem. Ons het oor ʼn gebied gevlieg waar ons gedink het hulle is, gebaseer op al die inligting tot ons beskikking. Dit was ʼn moeilik toegangbare gebied, en hulle is opgemerk – maar ver weg van die roete af,” het Nicholas gesê.

Riley kon die twee mans met behulp van sy helikopter oppik.

“Hulle het gesê dit het baie bedompig en warm geraak tydens hul staptog en hulle het die roete verlaat om te gaan swem, maar toe het die weer opgesteek en in die digte mis en reën kon hulle nie weer die pad kry nie.”

Die mans is nie beseer nie. “Alle dienste en almal wat aan die soektog deelgeneem het, word geloof vir dié enorme gemeenskapspoging,” het Nicholas bygevoeg.

Die NSRI Port Edward, natuurbewaarders van Ezemvelo KZN-natuurpark, die polisie se soek- en reddingseenheid, polisie se honde-eenheid, Medivac-ambulansdienste, GP Secuirty, Balito- gespesialiseerde soek- en reddingsdiens, plaaslike boere en die Port Edward Belastingsbetalersvereniging het aan die omvattende soektog deelgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

John ·

Twee dom ou akademici sowaar en nou moet die wereld omgekeer word om hulle te vind. Hulle behoort beboet te word en van ‘beepers’ om die enkels voorsien te word… ingeval…

IVR ·

John, jou opmerking gee aanstoot – dit is baie maklik om te verdwaal in digte mis. Daar is ‘n baie trotse tradisie van bergredding in Suid Afrika – die Bergklub en ander – so ‘n massiewe dankie aan al die vrywilligers wat help soek het.

RC ·

Enige mens se geliefdes is kosbaar en sal alles doen om hulle te soek.

snoefie ·

john john john. ten minste is jou beeper idee n idiale oplossing. as sulke wandelpaaie slmal met sensors op srkere punts toegerus word en die stapper met n soort beeper soos sommige sekuriteit afrika gebruik, sal hulle te alle tye weet waar n stapper hom of haar bevind.

Ekwilibrium ·

‘n Lekker avontuur vir die twee knape in hul skemerjare! Bly hulle is veilig. Mense, as julle nog nooit in die Umtamvuna Natuurreservaat was nie, doen julself ‘n guns en gaan kyk. Geen voertuie word toegelaat in hierdie paradys van reënwoude, massiewe kranse, watervalle en verreikende uitsigte nie. Wonderskoon…

André Marais ·

So Dankbaar Jy en Dokter is Veilig Willie – Ons en Vroutjie Klein, Michelle, Kleinkinders, Familie en Vriende was Baie Bekommerd. Dankie aan Almal wat help soek het – Amen.

willis ·

Utamvuna? Dis mos waar daai nudiste strand is….
Bly julle is veilig!

Ekwilibrium ·

Nee, die nudistestrand is is by Mpenjatistrand tussen Trafalgar en Palm Beach. Of is hier nóg een waarvan ek nie weet nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.