Twee laerskoolboeties sterf skielik

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die departement van onderwys het sy medelye uitgespreek oor twee boeties van ʼn laerskool in Katlehong in Gauteng wat Dinsdag skielik gesterf het.

“Die departement betreur die tragiese voorval waartydens twee skoliere, ʼn 10-jarige in graad 4 en ʼn sewejarige in graad 1, gesterf het. Die twee seuns is broers,” het Steve Mabona, provinsiale woordvoerder van die departement, gesê.

Die 10-jarige het in sy klas begin kla oor maagpyn en hy was naar. Hy is na ʼn plaaslike kliniek geneem. Die sewejarige het kort daarna ook soortgelyke simptome getoon en is ook na die kliniek geneem. “Albei se toestand het versleg en hulle is met hul aankoms by die kliniek dood verklaar,” het Mabona bygevoeg.

ʼn Onderwyser wat na die gesin se huis is om hulle oor die voorval in te lig, het gesien ʼn vyfjarige by die huis toon ook soortgelyke simptome. “Die vyfjarige is ook na die kliniek geneem en is daarna na Thelle Mogoerane-hospitaal oorgeplaas vir dringende behandeling. Hy is in ʼn kritieke maar stabiele toestand.”

Die polisie ondersoek die voorval.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het ʼn onafhanklike span aangestel om die oorsaak te bepaal.

Die departement het ook beraders na die skool en gesin ontbied.

Lesufi sal die skool Woensdag besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

c ·

En die ouers van hierdie kinders, toon hul ook dieselfde simptome? Indien nie moet daar dalk erenstig ‘n ondersoek van stapel gestuur word vir vergiftiging. Dit is so hartseer, sterkte aan al die familie en vriende.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.