Twee lank tronk toe vir verkragting

hof-hamer

Argieffoto.

Twee mans is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn 43-jarige vrou in KwaZulu-Natal.

Die voorval het in 2015 in Mtunzini naby Richardsbaai plaasgevind. Siyabonga Makhathini (19) en Mzwakhe Luthuli (36) het die vrou met ʼn mes gedreig voor hulle haar verkrag het.

Die twee mans het die vrou se slaapkamer binnegegaan, haar wakkergemaak en gevra om haar dogter te sien. Sy het hulle ingelig haar dogter is nie beskikbaar nie.

“Hulle het haar beledig, uit die kamer gedwing en toe om die beurt verkrag terwyl hulle haar met die mes gedreig het,” het die polisie in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Veritas ·

Diere doen dit nie eers nie so ons kan hulle nie honde noem nie. Moslemwette sou gepas gewees het in gevalle van verkragting en kindermolestering. Geen ander straf dien blykbaar as afskrikmiddel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.