Twee later weer in hof ná moord op plaas

Dennis Grose se huis is vermoedelik uit weerwraak aan die brand gesteek, nadat hy en sy dogter se verloofde van moord aangekla is.

ʼn Lid van ʼn plaaslike beveiligingspan wat daarvan beskuldig word dat hy en sy aanstaande skoonseun betrokke was by die skietdood van ʼn man wat glo mielies en boontjies op die plaas Stompiesfontein, tussen Delmas en Springs in Mpumalanga, gesteel het, se huis is die afgelope naweek eers aan die brand gesteek en die volgende aand geplunder.

Dennis Grose (67) en sy dogter se verloofde, Gary Wiblin (36), verskyn Woensdag weer in die landdroshof op Delmas, nadat hulle vroeër in verband met die moord op Doctor Masilela (30) in hegtenis geneem is. Masilela is op 17 Junie vanjaar vermoor.

Grose en Wiblin ontken skuld op die aanklagte teen hulle, het hulle prokureur, Christo van As, gesê. Hulle word aangekla van moord, bedrog, aanranding en regsverydeling en word intussen by die Modderbee-gevangenis aangehou.

Grose se huis buite Springs, waar sy vrou, Judy Davidson, ook ʼn rehabilitasiesentrum vir wilde diere bedryf, is Vrydag in die vroeë oggendure aan die brand gesteek. Davidson, wat tydens die voorval alleen tuis was, is ongedeerd. Die huis is bykans verwoes en een van hulle honde het in die voorval doodgebrand.

“Hulle [die aanvallers] het die volgende aand teruggekom om die plek te plunder,” het Davidson gesê.

“Ons is al vantevore gedreig dat hulle die huis gaan afbrand.”

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê Masilela is volgens die voorlopige getuienis moontlik eers met ʼn voertuig raakgery. Sy liggaam is daarna van ʼn brug op die N17 afgegooi, waar dit gevind en na die lykshuis op Heidelberg geneem is. Verskeie voertuie het hom glo raakgery nadat hy van die brug afgegooi is.

Die aanvanklike nadoodse ondersoek het gewys Masilela se beserings stem ooreen met dié van ʼn motorongeluk, maar ʼn tweede ondersoek is beveel en ʼn koeëlwond is in Masilela se kop gevind.

Volgens die polisie is die presiese verloop van die omstandighede rondom die voorval op die plaas nog nie heeltemal duidelik nie, maar dit is vasgestel dat Grose en Wiblin na die plaas ontbied is.

ʼn Staatsgetuie het hulle beweerde betrokkenheid by die moord na bewering bevestig, hoewel daar ten tyde van die voorval glo verskeie mense op die plaas was.

Davidson het gesê Grose het artritis en leukemie en dat dit “verstommend” is dat iemand hom van moord beskuldig. “Gary [Wiblin] besit nie eers ʼn vuurwapen nie. Iemand is dood en nou pak hulle die skuld op my man [en Wiblin],” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Thinus Erasmus ·

Weereens ń bewys dat die gereg baie erstig skeef trek om die regte van die misdadiger ten alle koste te verhef bo dié van die burger. En dat enige verweer teen misdaad as groter as die oorspronlike misdaad ge-ag word. M.a.w die verweer oortref en kanselleer sommer die oortreding uit en die oortreder word as eintlike slagoffer behandel. Dit egter onderhewig aan velkleur en stand.

Julie Jansen van Rensburg ·

Thinus, baie waar dat ‘n misdadiger se sogenaamde “REGTE” meer tel. My vriendin en ek besoek gereeld ‘n gewese polisieman – ook in die gevangenis en wat tien jaar opgelê is nadat hy – as geregsdienaar – ‘n transitorower platgetrek nadat daardie belhamel probeer vlug het. Ons vriend behoort binnekort weer vry te wees, maar hy sal weer in die samelewing moet inpas, werk kry (hy is ook ‘n gekwalifiseerde sweiser/welder) en dit sal nie vir hom maklik wees nie, maar die dooie rower is minstens een minder wat sal kan voortgaan om ander te beroof. Dit is egter tragies dat iemand wat wetsgehoorsaam is en die algemene publiek in sy hoedanigheid teen sulke gemors wou beskerm, hom nou in ‘n plek bevind waar die werklike misdadigers behoort te wees. Hy sal egter nooit weer as geregsdienaar mag werk nie, al was dit sy groot passie in die lewe. Ek weet ook van twee ander wat ook onregmatig daar aangehou word – een oubaas wat ‘n inbereker doodgeskiet het toe dié sy vrou aanrand, terwyl ‘n ander (‘n swart man in hierdie geval) iemand vermoor nadat hy hom betrap het wat sy ma probeer verkrag. Daar is hoegenaamd GEEN reg en geregtigheid meer in hierdie land nie – altans,, nie vir ONSKULDIGE mense nie…

Sarel ·

Hoe mis jy ‘n koelwond sun ‘n man se kop tydens nadoodse ondersoek? Nog ‘n getuie soos Coligny?

Swannie ·

Ja-nee, mens kan natuurlik aflei aan watter ras die staatsgetuie behoort.

Hanna Hoekom ·

Jy is SO reg! Die krimineel se familie gaan al die pad baat. En weereens blyk die “gemeenskap” regter te speel. Wat is die kans dat hierdie mans n regverdige verhoor gaan kry?

susan ·

baie …… dankie dat julle presies dit gedoen het was julle nie moes nie. nou gaan dit weer hand uitgeruk word en vele ander boere gaan nou tien teen een aangeval raak na hierdie berig!

Jerry ·

Kom ons hoop hierdie man en sy skoonseun is onskuldig. Ek moet egter witmense maan wie na Afriforum luister vir soverre dit beveiliging aanbetref dat julle baie beter daaraan toe sal wees as julle eerder soos n volstruis julle koppe in die sand druk en nie teen oortreders optree nie, maar die polisie ontbied en bewyse teen n verdagte aan die polisie oorhandig en klagtes le. Om betrokke te raak by Afriforum, opgesweep te word en te wil skiet, skop en donder sonder wetgewing wat julle beskerm en sonder n mandaat van die minister van polisie, word julle gelei na die ellende soos wat hierdie man, skoonseun en gesin nou onnodiglik moet deurgaan. Ek het regtig geen meer simpatie met witmense wat na Afriforum se slimjanne se slimplanne met duistere motiewe luister nie. Genoeg is genoeg! Julle mag net optree uit noodweer en dit is wanneer jou lewe of gesin se lewe direk bedreig word. Julle kan nie publieke arrestasies uitvoer nie, inteendeel julle moet glad nie betrokke raak nie, geen onreg word verdra nie en alles wat jy gaan se gaan teen jou gedraai word en wraak gaan teen jou geneem word en as jy eers geteiken word kan niemand jou beskerm nie. Tree versoenend op en wees verdraagsaam teenoor die sogenaamde slagoffers van apartheid en bid dat n wonderwerk gebeur!

Viss ·

So jou advies is aan ons blanke mense is om te lê sodat ons verder geskop kan word, want as ons ons durf waag beskerm is dit verkeerd en die blaam moet ook voor Afriforum se deur geplaas word,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

SjN ·

Jerry, defineer asb vir my uit noodweer optree, wet en orde word nie konsekwent toegepas nie.

Jerry Ondersteuner ·

Jerry – uiteindelik ‘n Suid-Afrikaner wat leer uit die geskiedenis. Geweld was NOG NOOIT’ n oplossing nie. Kyk maar ma wereldgeskiedenis – selfs al gebruik jy geweld om ‘n krimineel reg te sien, het dit steeds morele gevolge. Dis nie dat die Afrikaner passief moet wees nie – maar dalk net SLIMMER. Soos jy sê – bly aan die regte kant van die wet en doen jou deel om reg en geregtigheid te laat geskied.
Op die ou einde van die dag is hier ‘n man vermoor – en as dit my familielid was, en dit het op die’ mans se plaas gebeur, sou ek nie omgee WATTER velkleur hulle het nie. Ek sou eis dat hulle ook ondersoek moet word. As hulle mos nie skuldig is nie, sal daar bewyse wees…

Derf ·

@JerryOndersteunner, ag asb, ja kyk na die geskiedenis. Geweld / oorlig was nog altyd die vinnigste en mees konsekwente manier om twispunte op te los. Weet nie wat se geskiedenis jy na kyk. Self in die Bybel van toepassing.

wilma ·

Indien die beskuldiges werklik skuldig is moet hul gestraf word. Maar hoe sal mens ooit weet wat die waarheid is. Soveel vals mense.

ne ·

@Jerry: Afriforum is en bly die beste! Afriforum is daar vir die MINDERHEID!

lh ·

Ek wonder wie het die tweede nadoodse ondersoek aangevra en betaal?

Tino ·

Waar is die arrestasies vir die brandstigting met intensie om te moor (manslag) na die aanval in die twee op eenvolgende aande?

Waar is die twee boere se reg tot regverdige behandeling?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.