Twee leerders neem eie lewe dae uitmekaar

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Twee gr. 11-leerders aan die Noordwyk Secondary School in Midrand het dae uitmekaar selfdood gepleeg.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys en jeugontwikkeling, het gesê ʼn 17-jarige meisie het Maandag haar eie lewe geneem, gevolg deur ʼn 18-jarige seun Donderdag.

“Dit is nog nie duidelik wat daartoe gelei het dat hulle selfdood gepleeg het nie. Die polisie ondersoek die omstandighede rakende hulle dood.” Volgens berigte was die twee leerders in ʼn verhouding.

ʼn Roudiens is Donderdag vir die meisie gehou en sy sal Saterdag begrawe word. Begrafnisreëlings vir die ander leerder is nog nie bekend gemaak nie.

“Ons wil graag ons innige meegevoel met die leerders se familie, vriende en die skool betuig in hierdie moeilike tyd. Daar is geen woorde om die verlies van ʼn kind te beskryf nie.”

Volgens Lesufi is beraders na die skool gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

INA ·

AGGENEE!!! Dis bàie tragies… My innige simpatie aan hul ouers & geliefdes.

Natalene Visser ·

Die pyn wat n verhouding soms kan bring, raak soms meer as wat n mens kan hanteer, maar die arme ouers en families moet vir die res van hul lewens met die hartseer saamleef. So verskriklik jammer en kan maar net bid vir berusting.

Jan ·

Romeo en Juliet. Eerlik waar ‘n liefdes tragedie. Sterkte aan die families en vriende.

Eunice ·

WENS SOOO…dié vreeslike ernstige tiener-en-jongmens “liefdes”…kón voorkom gewees het!

Dalk net, todat hulle beide meer volwasse en meer verantwoordelik,kon wees!
Elke skool,sit met hartseer en onnodige “selfdood-statistiek” in hul geskiedenis!

GL ·

Dit is tragies. daar is niks wat n mens kan se nie. Almagtige God raak aan die vriende en familie asb. Amen.

In diepte ·

Ouers laat te veel te vroeg dinge toe. Ek is regtig jammer vir albei families wie agterbly. Ek was ook al jonk en verlief maar my ouers het my altyd waarsku dis my eerste en daar gaan nog vele ander verhoudings wees indien daardie spesifieke verhouding nie gaan hou nie. Ek het daarin geglo en nes hulle gesê het het dit gebeur. Ek het al tieners raakgeloop waar hulle sien hul ekse het aanbeweeg en hoe hulle hulself verneder om steeds verhouding met die eks probeer aanknoop. Dis scary.

Gesiggie ·

So jonk nog..dit is baie hartseer, my innige meegvoel aan die ouers van beide kinders.

fred ·

EK IS NET VERSKRIKLIK HARTSEER – HOE VEEL TE MEER NIE DIE OUERS VAN DAARDIE TWEE JONG KINDERS NIE. HERE, VIR U IS DAAR NIKS ONMOONTLIK NIE. RAAK DIE FAMILIE AAN MET DIE KRAG VAN U GEES. ONS SWYG O HEER, DIS U WIL.

Zumie ·

Ek sien die nuutste politieke korrekte foefie is om elke keer net “berader” na die skool te stuur en dan is alles reg…… miskien moet die onderliggende probleme aangespreek word – maar dit is waarskynlik te moeilik vir Lesufi …. stuur eerder beraders ..

Rika ·

My innige meegevoel aan die ouers so jammer dit het gebeur. Mag die Liewe Vader vertroosting aan die ouers gee so hartseer.

Penelope ·

So Hartseer. Mag God die families vashou in hierdie hartseer tyd. Hoe seer moes die kinders nie gehad het nie…. Om sover te gaan. Die wat agterbly kry die seerste. RIV.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.